Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval

2010-06-05 01:25

’n BLOEMFONTEINSE vrou is in die hospitaal opgeneem nadat sy gistermiddag wreed met ’n tuinvurk in haar huis aangeval is.

Mev. Karien van Rheede van Oudshoorn is gistermiddag omstreeks 15:00 in haar huis in Curlewisstraat, Heuwelsig, aangeval.

’n Man wat reeds drie jaar lank vir die Van Rheede van Oudshoorns in hul tuin werk, is vermoedelik vir die aanval verantwoordelik.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige man het gistermiddag vir Van Rheede van Oudshoorn om koerantpapier gevra om ’n sigaret mee te rol.

Toe sy vir hom die deur oopmaak, het hy glo ingestorm en haar met ’n tuinvurk aangeval.

Sy het blykbaar steekwonde in haar nek opgedoen.

Dit is nie duidelik hoeveel keer sy gesteek is nie.

Die man het glo aangedring op geld en sy het vir hom al die geld wat sy in die huis gehad het gegee, voordat hy gevlug het.

Volgens Wrensch is sy in die Bloemfontein-Medi-Clinic opgeneem. Volksblad kon nie gister inligting oor haar toestand kry nie.

Haar familie wou ook nie gister met Volksblad praat nie, omdat hulle te getraumatiseer was.

Wrensch sê die polisie is steeds op soek na die man en hoop om hom binnekort in hegtenis te neem.

Van Rheede van Oudshoorn het ’n afskrif van sy identiteitsdokument gehad, en die polisie weet dus presies wie hy is en waar hy bly.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.