Vrou swaar gestraf ná hondjie se lyding

2012-02-09 22:26
Antoinette van Wyk

Me. Antoinette van Wyk

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KRUGERSDORP. – Die streekhof hier het gister een van die swaarste vonnisse nóg wat die Dierebeskermingswet toelaat, opgelê aan ’n vrou van die Wes-Rand wat haar verminkte Jack Russell-hondjie vir minstens langer as 24 uur laat ly het sonder om vir hom behandeling te kry.

Me. Cora Bailey, stigter van die diereregtegroep Community Led Animal Wel­fare (Claw), het die hondjie, Jack, in 2009 uit me. Antoinette van Wyk (34) se oprit gered nadat ’n buurvrou haar om hulp geskakel het.

Jack se been was volgens Bailey uit sy heuppotjie geskeur, nadat hy vroeër vermoedelik deur ’n motor raakgery is. Hy kon volgens ’n veearts selfs al ’n maand voordat hy gehelp is, raakgery gewees het.

Die besmette wond, wat teen daardie tyd deurtrek was van maaiers, was só erg dat die dier se heupbeen al afgeval het.

Bailey beweer Van Wyk het op die betrokke dag doodluiters in haar motor geklim en gery – ondanks die feit dat die hondjie duidelik in “ontsaglike pyn” was.

Verskeie Johannesburgse veeartse het dae lank geworstel om Jack se lewe te red, maar daar is uiteindelik besluit om hom van kant te maak nadat sy niere ingegee het.

Streeklanddros J. Nortjé het Van Wyk tot 12 maande tronkstraf én ’n R5000 boete gevonnis.

Van Wyk se omstandighede as die enkelma van drie jong kinders het Nortjé die tronkstraf vir vyf jaar laat opskort. Sy moet egter steeds die boete afbetaal en hy het haar boonop ’n verdere vonnis van 12 maande korrektiewe toesig opgelê, waartydens sy ook naweke gemeenskapsdiens moet verrig.

Van Wyk sal haar ook aan voorgeskrewe programme en terapie moet onderwerp en mag nie vir die volgende jaar alkohol of voorskrifmedisyne gebruik nie. Sy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en mag ook geen diere aanhou nie. Sy mag nie met haar gemeenskapsdiens met diere werk nie.

Mnr. Martin van Vuuren, Van Wyk se regsadviseur, het ná die verrigtinge gesê sy kliënt het ten tyde van Jack se dood baie persoonlike probleme ondervind.

Volgens Van Vuuren het Van Wyk in 2009 haar werk verloor, het sy aan baie stres gely en uiteindelik ’n maagseer ontwikkel, pynmedikasie gebruik en is sy gevolglik die dag nadat Bailey Jack probeer red het, in die intensiewesorgeenheid van die Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

Bailey en me. Miranda Jordan, woordvoerder vir die drukgroep People for the Liberation of Animals (PLA), het gesê hulle voel bemoedig deur die vonnis.

Jordan het bygevoeg dat PLA hulle in die toekoms daarvoor sal beywer vir wetswysigings sodat oortreders vonnisse van tot vyf jaar tronkstraf en boetes van tussen R20000 en R50000 opgelê word vir erge dieremishandeling.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Administrative Officer

Stellenbosch
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

SAP Business One Developer

Irene, Centurion, South Africa
Electus Recruitment
R15000 - R28000

Administration Clerk

Northern Cape, South Africa
Key Fin Recruit
R100 - R120

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.