Vredefortkoepel glo gou geproklameer

2010-03-02 02:12

KOMMANDONEK. – Die regering het sy voet dwars gesit: Die Vredefortkoepel gaan voordat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie begin, as Wêrelderfenisgebied ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing geproklameer word.

“Ons het ’n gesamentlike doelwit en dit is die bewaring van hierdie unieke gebied,” het mnr. Fundisile Mketeni, adjunk-direkteur-generaal van biodiversiteit en bewaring by die departement van omgewingsake, Saterdag aan sowat 300 grondeienaars in die Vredefortkoepel gesê.

Die regering sukkel volgens hom nou al langer as drie jaar om die koepel te proklameer omdat grondeienaars “oor sekere basiese aspekte” verskil.

Die meeste van dié verskille is nou, wat die regering betref, uitgestryk, het hy gesê.

Verskeie grondeienaars uit die gehoor het daarop “nee!” geskreeu.

Mketeni het egter gesê hy het klaar sy voet dwars gesit. Die proklamasie kan nie langer uitgestel word nie.

Grondeienaars in die Vredefortkoepel het hulle sedert 2005, kort nadat die Verenigde Nasies se Organisasie vir onderwys, kultuur en wetenskap (Unesco) dit as Wêrelderfenisgebied aangewys het, in hoofsaaklik in twee groepe georganiseer, naamlik die bewaarders (wat so min as moontlik ontwikkeling in die koepel wil sien plaasvind) en die grondeienaars (van Vrystaat en Noordwes) wat ten gunste van beperkte ontwikkeling is.

Mketeni het gesê voordat die “eerste bal in Junie afgeskop word”, gaan die Vredefortkoepel geproklameer wees.

Hy werk trouens reeds aan die dokumente en die aankondiging van die proklamasie sal binne die volgende week of twee in die Staatskoerantafgekondig word, het hy gesê. Daarna sal 30 dae volg vir kommentaar en daarna sal die Vredefortkoepel ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing bestuur word.

Mnr. Johan Beytel, voorsitter van die Vrystaat-grondeienaarsvereniging, het gesê hy verstaan nie hoekom die regering nou so haastig is met die proklamasie nie.

“Die meteoriet het die Vredefortkoepel honderdmiljoene jare gelede gevorm.

“Hoekom nou die haas?”

Volgens Beytel is geen konsensus nog oor sekere ontwikkelingsriglyne bereik nie.

Mnr. GP Schoeman, voorsitter van die Koepel-Meteorietpark-bewarea, meen dit is noodsaaklik dat die koepel so gou moontlik geproklameer word sodat regulasies afgedwing kan word.

Hy het gesê ongebreidelde ontwikkeling benadeel die koepel se landelike aard en natuurskoon ernstig.

Beytel het gesê sy vereniging wil graag toesien dat beperkte ontwikkeling plaasvind omdat daar glo nie eens behoorlike blyplek vir besoekers is nie.

Mketeni het gesê die proklamasie van die koepel is al verskeie kere uitgestel omdat die regering almal se stemme wil hoor.

Hy reël ook nou ’n vergadering tussen die grondeienaarsverenigings met me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, omdat die grondeienaars glo die Wet op Wêrelderfenisgebiede van 1999 wil laat wysig.

Die grondeienaars dring daarop aan om ’n vetoreg oor alle besluite te kan uitoefen.

Volgens Mketeni maak die wet nie vir ’n vetoreg voorsiening nie.

Beytel het gesê die grondeienaars het reeds regsmenings ingewin en sal nie toelaat dat die Vredefortkoepel oorhaastig geproklameer word nie.

Die regering het verlede jaar ’n sperdatum van 24 September gehad, maar moes die datum onbepaald uitstel omdat die inwoners van die koepel dwarstrek.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.