Vinger wys na Dladla

2012-02-08 22:19

’n OMSTREDE tenderpreneur van Mpumalanga, mnr. Jacob Dladla, staan in die middel van die Vrystaatse padkrisis.

Dladla se maatskappy, MRD Consulting Engineers, is as die projekbestuursmaatskappy vir die herstel van 12 van 23 swak paaie in die provinsie aangestel.

Bou- en herstelwerk aan dié 12 paaie is intussen vertraag weens beweerde grootskeepse tenderkorrupsie en ongeldige kontrakte.

Dladla is einde 2009 onder ’n wolk van tenderbedrog, finansiële wanbestuur en growwe nalatigheid weg by die Mbombela-munisipaliteit op Nelspruit as munisipale bestuurder.

Hy is destyds op vyf aanklagte, wat onder meer verband gehou het met tenderbedrog vir die bou van die stadion in Nelspruit, skuldig bevind.

Die totale waarde van die 12 Vrystaatse kontrakte wat deur MRD aan 12 kontrakteurs toegeken is, het R1,9 miljard beloop.

Van die kontrakteurs moes na bewering ’n bedrag betaal om ’n kontrak te kry.

Volksblad het betroubaar verneem dat miljoene rande na bewering in ’n Amerikaanse bankrekening van Dladla, of ’n maatskappy van hom, inbetaal is.

Die owerheid probeer nog om dié geld op te spoor.

Dié skokonthullings kom te midde van een van die grootste padkrisisse in die land.

Dladla het hom ná sy afdanking as munisipale bestuurder tot die arbeidshof gewend.

Ná ’n uitgerekte verhoor het hy en die munisipale raad ’n skikking bereik waarvolgens die raad aan hom ’n goue handdruk van sowat R1,5 miljoen gegee het.

Die speaker van die raad destyds, mnr. Jimmy Mohlala, is in 2009 voor sy huis vermoor, kort voordat hy glo teen Dladla sou getuig in sy dissiplinêre verhoor.

Mohlala was glo ook op die punt om ’n klag van bedrog by die polisie in te dien wat verband gehou het met die bou van die WB2010-sokkerstadion in Nelspruit.

’n Jaar later is mnr. Sammy Mpatlanyane, destydse woordvoerder van die Mpumalanga se departement van sport, kuns en kultuur, ook by sy huis in Nelspruit vermoor. Mpatlanyane het korrupsie in die provinsie rondom die aanbied van WB 2010 aan die lig gebring.

Me. Elzabé Rockman, direkteur-generaal van die Vrystaat, het gister gesê die provinsiale regering het verskeie stappe gedoen om die omstredenheid rondom die 23 kontrakte op te los, onder meer ’n forensiese oudit en dissiplinêre optrede teen senior amptenare.

“Die forensiese verslag sal waarskynlik middel van vandeesmaand aan die provinsiale uitvoerende raad voorgelê word en die dissiplinêre optrede sal teen die einde van van die maand afgehandel word,” het Rockman gesê.

Volksblad het Dladla gister om kommentaar oor die padkontrakte en beweerde korrupsie genader.

Hy het gesê hy sou graag wou kommentaar lewer, maar sy ­kliënt, die departement, het hom verbied om dit te doen. Alle kommunikasie met die media moet volgens hom deur die departement geskied.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.