Verkrag-hel

2010-03-19 01:13
Willie Meintjes

ERG VERNIEL. Mnr. Willie Meintjes van Virginia wys die wonde aan sy polse waar die kabels hom gesny het terwyl hy verkrag en onsedelik aangerand is. Sy beseerde regterknie is verbind. Foto: Tom de wet

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

VIRGINIA. – Onbeskryflike trauma, skok en vernedering.

Só beskryf ’n jong man van Virginia sy ervaring Sondagaand toe hy op die dorp oor die kop geslaan, by die rivier verkrag en toe met takke en gebuigde riete onsedelik aangerand is.

Mnr. Willie Meintjes (34), ’n selferkende gay man, is omstreeks middernag deur sy broer en suster bewusteloos, bebloed en nakend by die rivier gekry, met sy hande agter sy rug vasgemaak en sy hemp oor sy kop getrek.

Hy kry nou intensiewe sielkundige behandeling, asook antiretrovirale middels.

Meintjes en sy ma, Willemien, sê hy het op die dorp grootgeword en bly al 34 jaar daar sonder dat hy vyande het of dat iemand hom al oor sy seksualiteit gekonfronteer het.

“Ek het uit die hospitaal gehardloop toe ek my kind met die takke en riete in sy lyf sien. Jy kan dit vir niemand beskryf nie. Hy het ophou asemhaal en hulle moes hom red,” sê mev. Meintjes.

Willie, ’n kroegman by die Harmony-rugbyklub, sê hy en sy vriendin het Sondagaand in die kroeg onder sy woonstel woorde gehad. Hy het vir hom sigarette gaan koop en gaan stap om te kalmeer.

By ’n verkeerslig naby die woonstel het hy geen kar gehoor of gesien nie, maar is hy skielik van agter oor die kop geslaan.

Hy het sy bewussyn verloor en eers by die rivier, waar hy reeds vasgebind was, wakker geword.

Hy het begin skreeu en een van drie of vier mans, wat almal klapmusse opgehad het, het sy hand in Willie se gesig gedruk. Hy kon toe sien dit is die hand van ’n blanke man met ’n tatoeëermerk van ’n kruis op sy pols.

Hy het probeer wegkom, maar is hard met die vuis geslaan en het weer sy bewussyn verloor. Hy het in die hospitaal wakker geword.

Daar moes ’n dokter die takke en riete uit sy lyf verwyder.

Sy regterknie is beseer, hy het ligte harsingskudding en sy hele lyf is oortrek van rou skaafwonde. Verder is daar diep snye aan sy polse waar sy hande met kabels met skerp sykante vasgemaak was.

Mev. Meintjes sê sy het teen 23:30 onraad gemerk toe Willie nie huis toe kom nie. Willie is die broodwinner wat saam met sy ma, suster en haar kind die woonstel deel.

Sy het haar ander seun en haar dogter gevra om te help soek.

Hulle is later na die rivier waar hulle gewoonlik visvang en het Willie net voor middernag daar gekry. Hulle het toe die polisie en ambulans ontbied.

Mev. Meintjes sê hoewel Willie baie gebloei het, vermoed hulle een van sy aanvallers is beseer en daar was van sy bloed ook. Die polisie het ook semenmonsters gekry.

“Hy slaap en eet nie, en as iemand vinnig naby hom beweeg, skrik hy.”

Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, word gevra om die polisie te kontak.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.