Uitenweerde-moord: Tieners ontken skuld

2012-02-20 22:53

KROONSTAD. – Twee tieners staan hier in die rondgaande hof tereg op aanklagte van moord, aanranding, verkragting en roof weens die moord verlede jaar op ’n boer van Reitz, mnr. Thinus Uitenweerde (55), die aanranding van sy verlamde vrou, Margriet (57), en die verkragting van sy bejaarde ma, die 85-jarige mev. Bella Uitenweerde.

Mev. Margriet Uitenweerde is intussen oorlede.

Die tieners het skuld op al die aanklagte ontken.

In hul pleitverduidelikings voor regter Albert Kruger het hulle gesê hulle is deur vyf onbekende mans, wat op die plaas opgedaag het, gedwing om Uitenweerde te vermoor, sy vrou aan te rand en sy ma te verkrag.

Luidens getuienis voor die hof is Uitenweerde se lyk met sy gesig na onder in ’n vlak graf ’n ent van sy huis gevind, met sy hande en voete vasgebind en sy kop toegedraai in ’n serp.

Die agterkant van sy kop was bebloed.

Luidens getuienis is ’n bebloede hamer deur die polisie in ’n buitekamer gevind.

Die Uitenweerdes was besig om die buitekamer vir een van die jong mans reg te kry om in te bly. Hy het los werkies op die plaas gedoen. Die aanval het waarskynlik in dié kamer begin.

Die plaasaanval is verlede jaar wyd deur politici, boere en landbouleiers veroordeel en het wyd opslae gemaak.

Mnr. Martin Uitenweerde, Uitenweerde sr. se seun, het gister só hartseer geword toe hy ’n bos sleutels van sy pa moes uitken, dat die hof kortliks moes verdaag.

Hy het ná die verdaging getuig: “My pa het die ketting waaraan die bos sleutels hang, gehad vandat ek maar kan onthou.”

Kapt. Schweppes Moshuaduba, die speurder wat die misdade ondersoek het, het getuig hoe die sleutels, tesame met gereedskap, vleis en ’n bottel met kleingeld deur een van die aangeklaagdes vir hom uitgewys is. Twee sportsakke is ook deur die polisie gekry. Een van die sakke is vroeër deur Uitenweerde jr. in die hof uitgeken as sy pa s’n.

Luidens getuienis voor die hof is twee selfone en ’n beursie van die Uitenweerdes onder ’n matras gekry waarop een van die tieners geslaap het toe die polisie hom opgespoor het.

Hulle is enkele ure nadat die moord by die polisie aangemeld is, in hegtenis geneem.

Die twee aangeklaagdes se identiteite mag nie bekend gemaak word nie, omdat hulle minderjarig is.

Adv. Jannie Botha kla aan en adv. Pieter Nel tree vir die twee tieners op.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.