UV-student sterf nadat hy glo sianied inkry

2010-07-28 01:10

’n Student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is gister in een van die UV se laboratoriums dood.

Mnr. Jaco Buys (23) sou aan die einde van die jaar sy magister-graad in plantwetenskappe verwerf.

Volgens kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, het medestudente gehoor Buys maak vreemde geluide en gesien skuim kom by sy mond uit.

Paramedici van ER24 in die stad het hom op die toneel behandel en na die Bloemfontein-Medi-Clinic gebring.

Mev. Amanda Appelgryn, hospitaalwoordvoerder sê Buys is omstreeks 11:00 dood verklaar.

Wrensch sê leë sianied-botteltjies is op Buys se lessenaar gevind.

“Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek, maar geen misdaad word vermoed nie.”

Volgens ’n toksikoloog aan die UV wat anoniem wil bly, is die uitwerking van sianied dodelik en baie vinnig. “Sianied verhinder die selle van die liggaam om suurstof in te neem. Simptome is erge naarheid, braking, hoofpyn en mense wat daarmee in aanraking kom, haal baie moeilik asem en verval ook vinnig in ’n koma.”

Sy sê ’n teengif-middel is beskikbaar wat die pasiënt, indien hy of sy vinnig genoeg bereik word, genoeg kan stabiliseer om na die naaste hospitaal te bring.

“Veral boere wat met dié gifstof werk, moet dit by hulle dra.”

Buys is oorspronklik van Copperton naby Prieska in die Noord-Kaap.

’n Baie hartseer mev. Riëtta Buys, sy ma, het gister aan Volksblad gesê sy sit met baie vrae.

“Ek kan dit nie verstaan nie. Oral waar hy gekom het, was hy gewild. Sy lewe het voor hom gelê.”

Buys sê Jaco was ’n wonderlike kind. “Hy het soveel ideale gehad wat hy self verwesenlik en sou verwesenlik het. Hy was baie gewild, veral onder ouer mense ook.”

Mnr. P.W. Oosthuizen, wat byna vier jaar saam met Buys in ’n studentehuis gebly het, stem saam.

“Buys, soos ons hom genoem het, was ’n interessante en intelligente mens. Dit het ’n rukkie gevat voordat hy jou sou toelaat in sy persoonlike ruimte, maar hy was verskriklik snaaks. Ons in die huis het ons gereeld ge-can vir sy humor.” Hy sê Buys het glad nie die afgelope tyd anders opgetree nie.

Volgens Oosthuizen was “Buys ’n aangename ou om te ken. Hy was geweldig doelgerig en gedrewe, veral wat sy studie betref.”

Buys word oorleef deur sy ma, sy pa en sy 20-jarige suster, Zandria.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

DISCOVERY ES TD5 AT
2003
R 223,500.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 205,899.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2003
R 143,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.