UV-meisies glo met stene gegooi en gevloek

2009-10-24 04:12

Ses vroue-studente aan die Universiteit van die Vrystaat is na bewering met bakstene gegooi, gevloek en gedreig dat hulle verkrag sou word.

In wat as ’n rasse-voorval beskou kan word wat sterk herinner aan die onluste en rassespanning wat verlede jaar op die kampus geheers het ná die onthulling van die Reitz-video, is ses eerstejaarstudente Donderdagaand aangeval. Niemand is in die aanval beseer nie.

Die ses vroue, wat gevra het om anoniem te bly, het Donderdagaand op die kampus gestap. Hulle was op pad van die kampus-swembad terug na hul koshuis toe die voorval gebeur het.

’n Groot groep mense van verskeie koshuise het vroeër by die swembad gekuier. Dié ses het besluit om terug te stap koshuis toe, nadat die meeste mense die swembad verlaat het.

“Ons het veilig gevoel, want die kampus was bedrywig en daar was oral mense,” sê een. Verskeie koshuise het Donderdagaand partytjies gehad en mense het voor van die koshuise gestaan en gesels.

Toe die vroue by die landboufakulteit verbystap, was daar ’n groep mans op die gras agter die gebou. “Ons het ons nie veel aan hulle gesteur nie, en het gedink hulle speel net sokker,” sê hulle.

Toe die vroue by die mans verbystap, het een skielik ’n baksteen opgetel en dit in hul rigting gegooi.

“Ek het eers gedink hulle maak ’n grap, want hy het dit nie te hard gegooi nie. Maar toe tel hy weer die baksteen op en gooi dit hard tussen ons in,” sê een.

Hierna het die mans nog bakstene gegooi en agter die vroue aan gehardloop. Volgens die vroue het hulle geskree: “F*k van ons kampus af, julle wit tewe. Ons gaan julle verkrag.”

Die vroue het weggehardloop en die mans het hulle blykbaar agternagesit. Die vroue het onmiddellik twee veiligheidswagte oor die voorval ingelig. Dié het hulle na bewering geïgnoreer. Hulle het ook die voorval aan die veiligheidswag voor hul koshuis gerapporteer, met dieselfde resultate.

Die studente het gevra dat die naam van hul koshuis ook weerhou word, omdat hulle viktimisering vrees.

“Ons weet nie of die voorval verband hou met die protes vroeër Donderdag en of die mans dalk hul frustrasies op ons wou uithaal nie,” sê hulle.

“Ons dink net dis ’n probleem dat sekuriteit ons net geïgnoreer het. Van die ander meisies het alleen van die swembad af teruggestap. Wat as dit met een van hulle gebeur het?”

Gisteroggend het hulle die voorval by die UV-beskermingsdienste aangemeld.

Mev. Lacea Loader, UV-woordvoerder, sê die universiteit is bewus van die voorval.

“Die saak is by ons beskermingsdienste aangemeld en word ondersoek. Optrede soos hierdie word ten sterkste afgekeur en studente moet hulle weerhou van sulke onaanvaarbare gedrag.”

Loader sê sy wil nie bespiegel oor of die voorval met die huidige Reitz-debakel verband hou nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.