Twee vroue in Welkom verkrag

2012-02-03 22:00

WELKOM. – ’n Jong vrou is hier om die beurt deur 16 mans verkrag en ’n tweede, getroude vrou se man is erg aangerand toe hy met haar probeer vlug het. Sy is toe tog ook deur hul aanvallers verkrag.

Die egpaar het in hul motor naby ’n ou mynskag in Welkom geslaap omdat hulle haweloos is.

Bewerings word ondersoek dat die verkragters almal Lesotho-burgers is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die 24-jarige vrou wat deur die groep verkrag is, is by die Freddies-goudmyn se nr. 5-skag, waar sy geloop het, deur die mans oorval.

Die 16 mans het beurte gemaak om haar te verkrag, waarna hulle haar daar in die veld gelos en weggeloop het. Sy kon een van die mans aan die polisie identifiseer en hy is in hegtenis geneem. Die ander 15 is nog op vrye voet.

Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, word gevra om lt. Mosele Mokeyane by 057-391-6186 te bel.

Thakeng sê tydens die tweede voorval is die 27-jarige man van ’n 22-jarige vrou erg met pype geslaan toe hy sy vrou probeer beskerm het. Die egpaar het by die man se broer gebly totdat hy hulle gevra het om die huis te verlaat. Die eerste aand het hulle in hul motor agter ’n supermark in die woonbuurt Sandania geslaap, en die tweede aand by die ou Pres. Brand-goudmyn.

Iemand, wat homself as ’n sekuriteitsbeampte voorgestel het, het aan hul motorruit geklop en gesê hulle mag nie daar wees nie. Die volgende oomblik het nog twee mans bygekom en die motorruit met klippe stukkend geslaan. Die man se gesig is deur die glas beseer en hy het probeer wegjaag. Die motor het egter vasgeval en toe hy uitklim om die motor te stoot terwyl sy vrou bestuur, is hy oorval en aangerand.

Een van die drie mans het die vrou daarna verkrag.

Enigiemand met inligting word gevra om ao. Moyane Monei by 083-533-6375 te bel.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.