Tant Hettie trap dat dit klap

2012-02-03 21:55

Tant Hettie Theron gereed om die strate met haar pienk fiets in te vaar. Foto: CHARL DEVENISH

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DIE ander inwoners van die aftreeoord noem haar “Die Vrou op die Fiets”.

Op die rype ouderdom van 84 laat mev. Hettie Theron die speke sing soos sy die strate van die Westerbloem-aftreeoord in Bloemfontein plattrap.

Al wat haar van haar fiets af kry, is die hongerpyne.

Theron sê sy ry al 12 jaar lank fiets.

Dit het begin toe sy en haar oorlede man, Japie, in die aftreeoord kom nesskop het.

“Ek en my man het destyds elke aand op ons fietse geklim en die strate van die oord ingevaar vir ’n bietjie ontspanning.”

Dit was destyds egter nie net van opklim en ry vir haar toe hulle hier ingetrek het nie.

“Hulle sê jy verleer nie fietsry nie, maar ek het.

“Ek het my pimpel en pers geval, terwyl my man net op die fiets geklim en gery het.”

Die vallery het ook net ’n rukkie geduur. Toe het die fietsry-gogga haar behoorlik beet.

As sy eers ry, wil sy nie ophou nie.

Vir afwisseling het sy ’n klomp verskillende roetes.

Dit is eers as die honger haar behoorlik dwing, dat sy besluit om huiswaarts te keer.

Theron het 40 jaar lank aërobiese klasse in kerk- en skoolsale in Bloemfontein aangebied.

Sy het ander gehelp om fiks en gesond te wees.

Nou bly sy fiks en gesond met haar pienk Raleigh-fiets.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.