‘Taal word op die brandstapel geplaas’

2010-07-30 09:44

Pretoria - Die tempo waarteen Afrikaans by die Universiteit van Pretoria (UP) afgeskaal word, kan beteken dat die taal teen 2015 heeltemal afgeskaf sal wees, het AfriForum Jeug gister gewaarsku.

Die universiteitsbestuur het dit ontken.

AfriForum Jeug het tydens ’n bewusmakingsveldtog statistieke oor die stand van Afrikaans op ’n graffiti-muur by die UP geverf.

In sowat 5 000 pamflette wat uitgedeel is, voer die organisasie aan die UP-hoofbestuur is besig om Afrikaans op die brandstapel te plaas.

Volgens AfriForum Jeug het die bestuur studente in 2005 die versekering gegee dat die taalkwessie aandag sal kry. “Ná vyf jaar sit hulle egter steeds en dink meer aan hoe hulle die ANC tevrede kan stel as aan die belang van studente.”

Die organisasie meen dit is tyd om vir die behoud van Afrikaans aan die UP saam te trek.

Die UP was in 1990 100% Afrikaans, in 2000 was dit sowat 80% en vanjaar is daar glo net 10% Afrikaans oor. AfriForum Jeug wou weet: Wat gaan in 2015 oor wees?
 
Luidens die pamflet kom die feit dat die UP toenemend met Afrikaans as onderrigmedium wegdoen daarop neer dat onderrig in die ander inheemse tale nie bevorder kan word nie.

Verskeie redes word gegee hoekom Afrikaans by die universiteit belangrik is:

    * Internasionale en plaaslike navorsing bewys moedertaalonderrig is die beste vorm van onderrig.
    * Weens die afskaffing van Afrikaans is die UP nie meer een van die wêreld se 300 top-universiteite nie.
    * Afrikaans verseker ’n plek vir ander Afrika-tale.
    * Afrikaanse studente is die grootste groep aan Tuks.
    * Die Afrikaanse gemeenskap het die universiteit gebou, dus het die UP ook ’n verpligting teenoor hulle.
    * Moedertaalonderrig is ’n grondwetlike reg en studente betaal vir Afrikaans.

Prof. Niek Grové, registrateur van UP, het gesê Afrikaans sal nie teen 2015 by die universiteit afgeskaf wees nie.

In die volgende weke sal ’n finale verslag van die senaat se taalkomitee voor die raad dien waarin aanbeveel word dat die UP sy bestaande taalbeleid behou en dat sekere daadwerklike stappe gedoen word om die doeltreffende toepassing daarvan te versterk, het hy gesê.

Oor die bewering dat die hoofbestuur in 2005 ’n spesifieke onderneming gegee het om Afrikaans te beskerm, maar dit nou ontken, het Grové gesê die antwoord aan die organisasie was dat dié besluit of onderneming nie opgespoor kon word nie.

“Om die stelling nou te verdraai dat die universiteit beweer het hulle het nooit ’n onderneming gegee om Afrikaans op Tuks te beskerm nie, is bedenklik.”

Hy het ontken daar word beplan om kursusse of programme wat tans in Afrikaans aangebied word volgende jaar af te skaf.

Grové het gesê 46% van die universiteit se modules word vanjaar in parallelmedium aangebied, 21% in dubbelmedium en die res net in Afrikaans of Engels.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Leon 7/30/2010 10:07:13 AM
So kan iemand wat ryk is nie begin om n Afrikaanse Universiteit te bou nie? At least kan al die afrikaans sprekendes dan die Universiteit bywoon en suiwer afrikaans kan bevorder word. Is so asof ons ons eie taal en land verkoop om sekere geledere tevrede te hou. Daar sal ook geen stakings wees van studente nie en die ouers sal beslis die nodige gelde betaal vir hul kinders se studies. Right?
pieter 7/30/2010 10:13:00 AM
Wat is nuut die ANC hou nie van Afrikaans nie
Jolly 7/30/2010 10:14:38 AM
ek dink dit gaan nie hier soseer oor die taal nie, maar oor die blanke .. die blankes moet vertrap, verneder word en die ANC doen dit oral waar hulle die geleentheid kry .. snaaks dat soveel bruinmense en ander ook AFrikaans praat, maar afrikaans moet 'verdwyn' want dit is hoe die ANC die ou NP kan 'terugkry' !!! Great rainbow nation!
HettieB 7/30/2010 10:17:22 AM
@ Leon, Ja vriend, en "at least" is so Afrikaans as wat jy kan kry.
Se-ma-net 7/30/2010 10:20:45 AM
Nee, julle is almal verkeerd! Daar is 'n volgende verkiesing aan die kom. Hulle moet nou weer begin stemme werf. Eish
Jan Rabie 7/30/2010 10:22:42 AM
Vertel my net een ding asseblief. By hoeveel voorheen Engelse universiteite kan ek vandag in parralel- of dubbelmedium, in Afrikaans onderrig ontvang?
Nou hoekom dan, US, UP, NWU, U-OFS, en UJ die agteroorbuigery om die ANC ter wille te wees? Is die besture ANC ontplooides of is u net rugraat loos? Instellings van uitnementheid van hoe om die ANC te dien?
@HetiieB 7/30/2010 10:36:26 AM
Bepaal jou by die (ernstige) onderwerp.
Joe Fourie 7/30/2010 10:38:31 AM
Die hele wereld deur word daar deur studente kapsie aangeteken oor verskillende kwessies wat hulle aanraak en hulle stand en eer skade doen, hoekom kan ons afrkaner jeug wat net soveel reg het op die grondwet nie ook hulle stemme laat hoor in massa by univeriteite nie. Dit hoog tyd dat die afrikaner jeug begin besef dat ons onderdruk word en dat as niemand iets gaan doen nie sal ons afrikaner volkies nie meer lank betaan nie.
vriend 7/30/2010 10:41:37 AM
Die rede waarom beeld in afrikaans nog bestaan, is omdat die redakteur glo in afrikaans. Sou hy egter belangstl in engels om groter skare lesers te bereik, dan wel, die gevolg is natuurlik geen afrikaanse beeld koerant nie. Selfde beginsels geld vir universiteite, dit hang van mense af, al is daar mense bereid om afrikaans te wil lees. Ek glo nie dis afrikaans wat wil uit sterf nie, maar eerder swak leiers wat by sulke pragtige instellings werk.
Brentie 7/30/2010 10:50:11 AM
Dan was oorlede Pa, tog reg-toe hy gesê het;
'Boet as jy jou agterent uitleen- dan poep
jy naderhand deur jou longe' of so iets.
Maar dieselfde met taal ,maak 'n toegewing terwille van nasiebou en vrede en jy is nie
net jou Universiteit maar ook jou taal kwyt.
Neels 7/30/2010 11:15:39 AM
Ek weet rerig nie wooroor die afrikaners vandag so kla nie want dit was die witman wat vir FW de klerk gestem het en hom die blanko tjek gegee het om in te vul. Of het julle rerig gedink as julle die land oorhandig gaan julle nog die baas bly ?
wilhelm tell 7/30/2010 11:48:25 AM
al die afr universiteite het anders kleuriges as chiefs.het enigiemand gedink hulle gaan nie hul ANC base gediend wees nie?ons moet ons eie afr universiteite,kolleges en skole met ons eie geld van die grond af kry en daar die bestes van die bestes oplei.die afrikaner se gene bring die mees briljantste mense op aarde na vore--dis tyd dat ons dit besef en ontgin.eks nie 'n afr ekstremis nie,net 'n trotse oopkop afrikaner-kleinseun van amajuba-manne en ABO penkoppe.vir f%kseik waarom sal ek nie my kop hoog hou nie!!!!!!!!!!
Louw 7/30/2010 12:02:29 PM
Wat verhoed enige om 'n Afrikaanse E-Universiteit te bedryf
Nicolene 7/30/2010 1:30:10 PM
Hoekom is ek nie verbaas nie? Die "New South Africa" wil mos Afrikaans heeltemal dood versmoor. Een van die dae gaan jy net lees van die taal "Afrikaans" in Engelse geskiedenis boeke, dit sal dan seker ook geklassifiseer word as "Apartheid Taal"
Liz 7/30/2010 2:08:42 PM
Wat kla julle.TOY-TOY!!! Dis mos hoe dinge gedoen word as jy nie jou sin kan kry nie.Ek dink ons moet n sterk vakbond vir Afrikaans kry en aandring op ons regte.Wat het in Junie 1976 gebeur?
Funquin 8/4/2010 12:31:10 AM
@ Leon: Ons het dan ons eie Universiteite gebou. Onthou jy nog RAU? Enige ander instansie wat ons oprig sal dieselfde pad stap.

@ Vriend. Neeeeeee. skeweBeeld is nie ons maatjies nie. Dit is waarmee die ANC se propoganda vir ons in ons eie taal voer. Wanneer gaan mense wakker word en dit besef?

Ek begin dink Kuber Skole begin na n goeie idee klink. Geen RA of BEE daar nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...