‘Sy’s ’n stoute meisie’

2012-02-21 22:32

Die vervreemde man van die prostituut wat die naweek na bewering deur die Bloemfonteinse weermaghoof brig.genl. David Mongezi Cebeni aangerand en met ’n pistool gedreig is. Foto: Charl Devenish

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“SY is ’n stoute meisie. Ek het al vir haar gesê sy moet ophou met haar goed.”

Só gesels die vervreemde man van die prostituut wat die naweek na bewering deur die bevelvoerder van die Tempe-weermagbasis by Bloemfontein, brig.genl. David Mongezi Cebeni, met ’n pistool gedreig en aangerand is.

Haar vervreemde man, ’n Nigeriese winkelier in Maitlandstraat in die middestad, sê hy het sy vervreemde 22-jarige vrou al meer as een keer weens dwelmverslawing na rehabilitasiesentrums gebring.

Hy sê sy sal nie sommer maklik klagte by die polisie indien nie, maar hy weet van die klagte wat sy teen die generaal ingedien het. “Ek het ’n SMS-boodskap gekry, maar het haar Saterdag laas gesien.”

Cebeni (47), wat Maandag op aanklagte van aanranding en die rig van ’n vuurwapen in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het, was gister terug op sy pos as basisbevelvoerder.

Sy prokureur, mnr. Johnny Fixane, het gesê die bewerings het niks met sy werk in die weermag te doen nie.

Fixane het gesê die weermag sal die “administratiewe besluit” moet neem of Cebeni hangende die verhoor in sy pos gaan bly of nie.

Mnr. Siphiwe Dlamini, nasionale woordvoerder van die weermag, het nie gister geantwoord op vrae of Cebeni geskors en of enige stappe teen hom gedoen gaan word nie.

’n Soldaat wat naby Cebeni en sy gesin in die Tempe-basis in Bloemfontein bly, sê hy het gesien hoe Cebeni Sondagoggend alleen by sy huis wegry.

Later het polisiebeamptes van die Parkweg-polisiekantoor saam met die prostituut voor dooiemansdeur by die generaal se huis opgedaag.

Hy sê die vrou het merke aan haar gesig gehad en haar gesig was geswel.

“Net toe die polisie daar wegry, het Cebeni met sy vrou in die kar van voor aangekom.”

Cebeni is kort daarna in hegtenis geneem en was sowat twee uur later terug by die huis, sê die soldaat.

Cebeni moet weer op 6 April in die hof verskyn.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Administrative Officer

Stellenbosch
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

SAP Business One Developer

Irene, Centurion, South Africa
Electus Recruitment
R15000 - R28000

Administration Clerk

Northern Cape, South Africa
Key Fin Recruit
R100 - R120

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.