Suidlanders waarsku oor toekoms

2010-05-21 00:45

KIMBERLEY. – “Ja, ek is regs. Nie ekstreem-, ultra- of radikaal-regs nie. Ek gaan God verloën as ek nie sê ek is regs nie. Jy is bang om te sê jy is regs. Dit het ’n skelwoord geword, maar die Bybel sê die hart van die wyse is na regs.”

Só het mnr. Gustav Muller, die Suidlanders se leier, Woensdagaand hier op ’n inligtingsvergadering van dié organisasie gesê.

Tussen 300 en 400 mense het dié vergadering in die Hoffepark-saal bygewoon waarvoor mense ook van Hanover en Upington gekom het.

Muller het gesê daar is van die media wat die “waarheid geweldig verdraai”.

“Die Suidlanders is ’n sambreelorganisasie – van links tot heel regs. Van die DA tot die AWB is in die Suidlanders vervat.

“Wanneer ’n toestand van nood in dié land uitbreek, word nie gevra van watter politieke party of kerk jy is nie. My projeksie is binne vyf jaar sal Suid-Afrika in totale anargie verval – ’n anargie wat u nog nie in Suid-Afrika gesien het nie. Dit is uit realiteite wat ek dit vir u sê,” het Muller gesê. Hy het gesê die Suidlanders maak reg vir ’n noodtoestand wat hulle sien in die land gaan gebeur.

Mense is aangemoedig om deel van dié organisasie se SMS-stelsel te word. “Ek wil u waarsku en u inlig om u gereed te kry. Dit is mense wat nie ingeskakel en voorbereid is nie, wat paniekerig raak.”

Die Afrikaner-blanke volk is ’n minderheidsgroep. “Jy kry ’n etiket van ekstreem en verregs net omdat jy dié volk wil verteenwoordig. Moet net nie in Suid-Afrika sê jy wil vir die blanke boere-Afrikanervolk in die bres tree nie. Dan is jy ’n rassis, verregs en ekstreem.”

Muller het gesê as mense se gebiede nie meer veilig is nie, kan hulle na ’n veilige punt gebring word wat buite dorpe is. Hy het uit verskeie koerantberigte voorgelees en gesê hy skets potensiële scenario’s wat die land in anargie kan dompel. “Net ons water kan ons in ’n toestand van pandemie dompel.”

Hy het gesê hy haal alles uit koerante. Hy wil nie mense opsweep nie, maar wil hulle net bewus maak die land is op die voorstoep van ’n krisis en hoe die Suidlanders dit gaan hanteer. Hy het gesê die afgelope 15 tot 16 jaar is sowat 3 300 boere in Suid-Afrika vermoor.

Muller het gesê êrens “het ons die seën van God verloor. Die Bybel sê keer terug na die ou weë en jy sal rus vir jou siel vind. Ons moet sake met die Hoër Hand regstel, die pad vorentoe loop en dan sal ons uitgelei word.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.