Slenkdalkoors word 'lelik' in Vrystaat

2010-03-19 23:49

Die slenkdalkoors-epidemie in die Vrystaat raak nou “lelik” met derduisende vee wat die afgelope week gevrek het.

Dr. Louis van Rooyen, adjunk-direkteur: veeartsenydienste in die Vrystaat, sê die koorssiekte breek nou oral in die Vrystaat uit – oral langs die Vaalrivier tot in die woonbuurt Zamdela by Sasolburg. Dit gaan aanhou tot die eerste ryp én selfs daarna.

“Dit is lelik. Ons het entstof gekry. Op Bethlehem is vanoggend afgelewer en mense begin nou kwaai spuit.

“Maar die Vrystaat het volgens die sensus 8 miljoen stuks vee en ons het 400 000 dosisse entstof, lewendig en dood gekry.

“Dié ding is oral. As boere entstof kry, moet hulle so gou moontlik ent.

“Hulle moet versigtig wees om die lewendige entstof op dragtige skape te gebruik, maar by beeste is dit beter as wat die diere van die siekte vrek.”

Mnr. Hennie Wagner, voorsitter van die distriksboere-unie op Petrusburg, sê slenkdalkoors maai hier onder skape en beeste.

“Dit het vernietigende gevolge. Skape word afgemaai. By mnr. Jaco van der Merwe het 80% van sy sowat 5 000 ooie geabborteer en 150 van sy ooie het gevrek. Hier beloop die skade al meer as R400 000.”

Volgens Wagner is die hele distrik al besmet. Die vrektes beloop al “derduisende” skape.

“By Makousdrift lê die skape en beeste wit soos hulle gevrek het. En ons kry nie entstof nie. Vandag (gister) kon ons entsof kry, maar dit was net lewendige entstof.”

Hy sê die skade op net Petrusburg beloop honderdduisende rande. Hy voorsien ook dat vleis baie duur gaan raak, omdat min lammers bemark gaan word.

By Jagersfontein en Koffiefontein is die uitbreek van die siekte ook erg.

Adv. Gielie Nieuwoudt, voorsitter van die Limousine-beestelersgenootskap van die plaas Graspan by Petrusburg, het ook vermoedelik slenkdalkoors opgedoen. Hy was die afgelope week siek.

Sy vrou, Susan, het gister gesê dit gaan heelwat beter met hom, hoewel hy nog siekerig is. Die siekte is nog nie bevestig nie, omdat die patoloë oorlaai is.

’n Duur stoetbul wat onlangs gekoop is, asook twee dorper-stoetramme, twee kruiskoeie en lammers het al gevrek.

Hy kon dalk die siekte opgedoen het toe hy die bul probeer dokter het, of toe ’n muskiet hom gebyt het, sê sy.

Mnr. Willie Harmse, ’n boer van Bothaville, het ook gister bekommerd gebel oor die beskikbaarheid van entstof. In dié distrik is reeds ’n paar mense siek, het hy gesê.

Dr. Molefi Sefularo, adjunk-minister van gesondheid, het Donderdag gesê dit is bevestig dat 32 mense reeds die siekte opgedoen het. Van hulle is 31 in die Vrystaat.

Twee mense is al dood – een in die Vrystaat en een in die Noord-Kaap.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.