‘Skatryk, vaal vroutjie’ vat toe Sandra se man

2012-02-08 22:20

Sandra Prinsloo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – “’n Skat- ryk, vaal vroutjie uit een van Swede se invloedrykste families” het die verhouding van die aktrise Sandra Prinsloo en haar lewensmaat van sewe jaar, prof. Willem van Riet, laat verbrokkel.

Die vrou se broer bly in Nederland, waar hy goeie vriende met lede van die koningsgesin is.

Eergister wou Prinsloo niks oor die vrou, aan haar net bekend as Evelene, sê nie.

Gister het sy aan haar boesemvriend mnr. Jan Groenewald, eienaar van die Foxwood House-boetiekhotel in Johannesburg, toestemming gegee om namens haar met Volksblad daaroor te praat.

Sy self wou nie praat nie omdat sy verkies om nie in ’n “moddergooiery” betrokke te raak nie.

Van Riet, wat in Maart 70 word, het eergister ontken dat ’n ander vrou betrokke is en gesê sy en Prinsloo se vol programme het hul verhouding gekelder.

Daaroor was Prinsloo gister baie ontsteld, “omdat ons vol dagboeke absoluut niks met ons verbrokkelde verhouding te doen het nie”.

Groenewald en Prinsloo is al 20 jaar lank vennote in ’n rolprentvervaardigingsmaatskappy.

“Ons is mekaar se heel beste vriende,” is hoe hy hul verhouding beskryf.

“Willem het in Swede as omgewingskonsultant betrokke geraak by verskeie omgewingsprojekte, onder meer die stigting van ’n vredespark.

“Hy het Evelene toe ontmoet, want sy is die voorsitter van dié projek. Ek neem aan ek spel haar naam reg, want ek kan nie Sweeds praat nie.

“Hoewel Sandra in die laaste maande agterdogtig was, het sy op 23 Desember eers uitgevind dat Willem en die vaal vroutjie al 18 maande in ’n verhouding is. Sy het Willem op dié dag daarmee gekonfronteer.

“Volgens Sandra was sy antwoord: ‘Hoe kan ek haar nou los? My grootste droom sal aan stukke spat. Sy maak vir my deure oop.’”

Volgens Groenewald het Prinsloo toe vir Van Riet gevra om hul huis op Kalkbaai te verlaat.

“Willem is toe na sy huis op Stilbaai. Skaars tien dae later het Evelene daar by hom gaan kuier,” het Groenewald gesê.

Van Riet het nie gister op verskeie stempos- en SMS-versoeke om kommentaar op dié stellings gereageer nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.