Sewe slagoffers was helde sê polisieshoof

2010-07-30 04:05

PRETORIA. – Dit is sewe helde wat op “Swart Vrydag” dood is.

Só het genl. Bheki Cele, polisiehoof, die polisielede wat verlede week in ’n helikopterongeluk dood is, gister hier op hul roudiens beskryf.

“Hierdie organisasie (die polisie) sal as beskermer van die weeskinders en as pa vir die weduwees optree. Ons sal na dié gesinne kyk.”

Cele was gister ’n jaar lank in sy pos. Hy het gesê hy wou dit regtig nie so “gevier” het nie.

Die helikopter waarmee die sewe lede van die polisie se nasionale intervensie-eenheid en lugvleuel na ’n rooftog in eMalahleni (Witbank) op pad was, het in Pine Ridge naby die Klarinet-plakkerskamp neergestort.

Mnr. Driaan Gouws, wie se broer Tinus die medevlieënier was, het ná die diens gesê: “Suid-Afrika het vir ’n oomblik stilgestaan met die nuus oor die dood van sewe polisielede.”

Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, se woorde was: “Vrydag het Suid-Afrika en die polisiemag armer geword.”

Sowat 2?500 mense, onder wie talle polisie- en weermaglede, het die diens bygewoon.

Toe lede van die Gouws-familie by die Hatfield Christian Church inkom, was ao. Gouws se foto die eerste ding wat hulle gesien het. Hulle het by die foto stilgestaan en kon nie hul trane keer nie.

Sy ma, Doris, het net na die foto gestaar en huilend herhaal: “Dis my seun, dis my seun.”

Ao. Marlise Henning, weduwee van sers. Kobus Henning, het gesê hul sewe weke oue babaseuntjie sal weet watter legende sy pa was. “Hy was ’n wonderlike man, ’n liefdevolle pa en bo alles ’n ongelooflike polisieman.”

Mnr. Johan Henning het met trane in sy oë hulde aan sy seun gebring. “Hy wou nog altyd ’n polisieman gewees het en dit is vir ons as familie die seerste seer om te verwerk.”

Kapt. Wickus Zaayman se pa, Phillip, het gesê al wat sy seun ooit wou doen, was om te vlieg.

“Dit was sy grootste passie in sy lewe. Hy het altyd gesê as hy moet doodgaan, sal hy verkies om in sy vliegtuig dood te gaan en dit het toe gebeur.”

Zaayman jr. sou op 9 Oktober met me. Janine Croucamp getrou het. Zaayman was die vlieënier wat Cele en genl. Arno Lamoer, hoof van sigbare polisiëring, na die WB2010-openingsgeleentheid geneem het.

Hy was ook een van die helde in die Mosambiekse oorstromings van 2006 waar hy ’n kind uit die water gered het.

Kol. Percy Madunda, bevelvoerder van die intervensie-eenheid, was volgens sy vrou, Thol-wana, die perfekte pa en eggenoot en het sy drie kinders bitter lief gehad. Die jongste van dié kinders is maar twee maande oud.

Die ander oorledenes is ao. Colin Edward Davids en Dirk van Aswegen en sers. Daniël de Bruin.

In sy huldeblyk het Lamoer gesê: “Hulle is dood op die manier waarop hulle gewerk het, besig om misdaad te beveg.

“Terwyl ons oor die dood van die lede rou, jubel die engele agter die gordyn.”

Cele se laaste woorde aan sy gesneuwelde kamerade was: “Gaan en rus nou veilig, julle het jul werk goed gedoen en weet net dat ons almal julle verskriklik gaan mis.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Ina 7/30/2010 11:41:24 AM
Rus in vrede , julle sal altyd helde bly
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...