Seun se herstel ná ongeluk verstom

2012-02-08 22:20

WELKOM. – Enkele dae nadat hy uit ’n koma van bykans twee weke wakker gemaak is, het Michael van Greunen (16) so wonderbaarlik herstel dat hy al self kan loop.

Michael, ’n hoërskoolseun van Welkom, is die enigste oorlewende van die grusame ongeluk op 22 Januarie waarin sy boesemvriend Ettienne Kahts (15) en ’n kennis, Mark Lambrechts (15), dood is.

Michael het ’n baie ernstige kopbesering opgedoen en moet nou intensiewe terapie kry. Hy sal voor die tweede skoolkwartaal geëvalueer word om te sien of hy dan sal kan teruggaan skool toe.

Michael se ma, Yvonne, sê sy het hom verlede week, twee dae nadat hy deur dokters uit die koma wakker gemaak is, van Ettienne se dood vertel. Dit was vir hom ’n groot skok en hy is baie hartseer.

Sy sê hy onthou egter niks van die ongeluk nie. “Hy onthou hy was saam met my en Ettienne, wat by hom sou kom oorslaap, by die musiekfees in Koppie-Alleenweg. Daarna onthou hy niks.”

Die twee seuns het Mark by die musiekfees ontmoet en besluit om by sy ouerhuis te gaan oorslaap. Daar het Mark sy pa se bakkie gevat en die seuns was vermoedelik na ’n winkel op pad om hoofpynpille te gaan koop toe die botsing met ’n ander voertuig plaasgevind het.

Michael kon, nadat hy wakker geword het, glad nie loop nie, maar is nou so sterk dat hy net by trappe hulp nodig het. Daarby is sy een oog en spraak ook aangetas. Daar is geen permanente skade nie.

Van Greunen sê hulle het geweldige ondersteuning en goeie diens van ER24-ambulanspersoneel, Mediclinic Welkom én Mediclinic Bloemfontein en dr. Petrus Stone, neuroloog, gekry. “Ons moet ook vir sy skoolhoof, mnr. Gunther Hinrichs, personeel van HTS Welkom, en sy maats baie dankie sê.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.