Rugbyspeler eens mishandel

2012-02-03 22:00

Clyde Rathbone soos hy vanaf Januarie verlede jaar verander het tot hoe hy nou lyk. Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DIE gewese kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-span en Wallaby-rugbyspeler, Clyde Rathbone, het op sy Facebook-blad onthul hoe hy as kind emosioneel mishandel is en tot onlangs nog met depressie geworstel het.

Rathbone (30), wat in Durban gebore is en ná 2002 na Australië verhuis het, het onlangs op die webwerf Riotact en op Facebook onthul hoe hy aan depressie gely het ná sy gedwonge uittrede uit rugby weens beserings. Hy het ook geskryf hoe hy as kind emosioneel mishandel is “deur iemand wat na hom moes omsien”.

Hy het sy lewe omgekeer nadat sy vrou, Carrie, uit die huis getrek het en hy Julian Smith se blog In over you head gelees het.

Nou hoop hy sy storie kan ander ook help.

Rathbone vertel hoe die mishandeling hom ’n deurmekaar, opstandige en kwaai kind gemaak het.

“’n Aantal dinge kan gebeur as jy emosioneel mishandel word. Ek het daardie negatiewe stem begin glo totdat dit ingegrawe was by my. Dit het my geraak in alles wat ek doen.”

Sy uittrede uit rugby op die ouderdom van 27 jaar het sy situasie vererger.

Selfs in sy speeldae vir Australië se nasionale span was hy nie heeltemal gelukkig nie.

“Wat in my kinderdae gebeur het, het my nooit verlaat nie. Die gebeure het hulself in ander vorms uitgebeeld. Ek was kwaad, geïrriteerd en gespanne sonder om te weet waaroor.”

Hy het op ’n tyd selfs aan selfmoord gedink en sy vrou verbaal mishandel.

Dinge het verlede jaar só erg geword dat sy vrou ’n tas gepak en by ’n vriendin ingetrek het.

Dit was vir hom die keerpunt, want hy het besef hy verloor nou die belangrikste ding in sy lewe.

Dit was nou of nooit.

Hy het ’n sielkundige gaan spreek, soos Carrie hom al in die verlede gesmeek het om te doen. Dié besoeke was geweldig waardevol en het hom geleer om die dinge te fokus waaroor hy beheer het en om sy benadering tot die lewe te verbeter.

Hy het weer begin werk, oefen, ’n dieet gevolg en weer ou vriende opgesoek.

Die afgelope ses maande het hy geen depressie gehad nie en hy voel nou of niks hom kan onderkry nie.

Rathbone wil graag nou sy verhaal met soveel as moontlik ander mense deel vir wie dit dalk iets kan beteken.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.