Rowers moontlik 15 jaar tronk toe ná wrede aanval

2010-06-19 00:18

Mike van Rooyen

Bloemfontein - Tronkstraf van 15 jaar elk staar vier jong mans in die gesig wanneer hulle Maandag in die Bloemfonteinse streekhof gevonnis word nadat hulle ’n bejaarde egpaar en hul dogter op hul hoewe in Keeromstraat langs die Irene-winkelsentrum op die Maselspoortpad wreed aangeval en beroof het.

Mnre. Peter Langa (18), Samuel Jacobo (19), Lucky Motsukunyane (18) en Itumeleng Hlakane (20) het voor streeklanddros Marina Voges skuld beken op ’n aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede. Die minimum vonnis wat vir dié misdaad voorgeskryf word, is 15 jaar tronkstraf.

Me. Charn Engelbreg het namens die staat betoog dit was nie nodig dat hulle mnr. Ben Buys (83) en sy dogter, Louisa (40), op 9 November 2009 laatmiddag so wreed aangeval het nie. Hulle is in hul huis, waar hulle veilig behoort te wees, aangeval. Die telefoondraad is uitgepluk en die mense moes later te voet hulp soek.

Dié soort misdade soos huisrooftogte kom feitlik daagliks voor en is vir die gemeenskap skokkend. Dit is meesal ouer mense wat so aangeval word. Die vier se jeugdigheid is nie ’n verskoning nie. Hulle was oud genoeg om die misdaad haarfyn te beplan, het sy gesê.

In hul pleitstukke vertel die vier hoe hulle weggekruip het totdat mev. Louisa Buys en haar dogter van ’n winkel af by die huis aangekom het. Toe die dogter hulle sien, het sy begin skreeu. Langa het haar gevang, haar pepersproei by haar afgeneem en haar daarmee gespuit. Jacobo het die ma se pepersproei by haar afgeneem.

Motsukunyane sê hulle het ’n ruit in ’n deur stukkend geslaan om in te kom. Toe mnr. Buys vra wat aangaan, het Jacobo hom deur die gebreekte ruit getrek en met ’n besemstok geslaan. Langa het ’n vuurwapen in die hande gekry en ’n skoot afgevuur om die mense onder bedwang te kry.

Hy en Hlakane het die egpaar en hul dogter in ’n slaapkamer toegesluit. Hulle het groot sakke gekry waarin hulle hul buit gegooi het.

Daarna is hulle daar weg. Langa en Jacobo het omgedraai en teruggegaan. By hul huis het Langa ’n vuurwapen uit een sak gehaal. Hulle het dit en die selfone verkoop en die geld gedeel. Hulle het ’n hoender vir hulself gehou om te eet, sê Motsuku­nyane.

Mnr. Andrew du Preez tree vir Langa en Jacobo op en mnr. Hanno Bekker tree vir Motsukunyane en Hlakane op.

* Mnr. Buys en sy dogter moes verskeie steke kry om die wonde aan hul kop en lyf te heg. Hulle het ook kneuswonde opgedoen soos hulle die houe met harde voorwerpe probeer afweer het. Mev. Buys het erge beserings vrygespring.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

DISCOVERY ES TD5 AT
2003
R 223,500.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 205,899.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2003
R 143,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.