Rokers, drinkers gaan huil

2012-02-21 22:32

Miljoene Suid-Afrikaners is werkloos, maar entrepreneurs soos mnr. Joseph “Oom Joe” Lemani skep hul eie werk. Hy maak al die afgelope 18 jaar voertuie se uitlaatpype reg in Galeshewe, Kimberley. Foto: Emile Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Rokers en drinkers gaan vanaand die meeste huil ná mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede waartydens sondebelasting ongetwyfeld weer verhoog sal word.

Dit is egter die maklikste deel van vanjaar se begroting.

Die veel moeiliker deel is waar Gordhan moet verduidelik waar hy geld gaan kry om die regering se ideologiese planne, veral die Nasionale Gesondheidsplan en ’n beplande kapitale uitbreidingsprogram, te finansier.

Gordhan lewer van 14:00 af sy begrotingsrede vir die tydperk tussen 1 April 2012 en 31 Maart 2013.

In wese moet hy met dié begroting verduidelik hoe die regering pres. Jacob Zuma se staatsrede-planne gaan finansier.

Die minister moet ’n middeweg vind tussen die regeringsideologie en die werklikheid van die heersende ekonomiese omstandighede waar ekonomiese groei onder kwaai druk is.

Ekonome reken die regering se verwagtings van ekonomiese groei sal ook vandag afwaarts aangepas word. Dit is in dié stadium sowat 3,4% vir 2012.

Werkskepping, asook uitvoer en veredeling op plaaslike bodem, is prioriteite. Dit kan effense verligting vir plaaslike vervaardigers bring. Daar kan ook verligting vir klein ondernemings wees, wat entrepreneurs kan aanmoedig om werk te skep.

Meer geld sal gewis vir opvoeding en gesondheid geoormerk word.

Gordhan sal vanjaar aandui hoeveel geld vir die omstrede Nasionale Gesondheidsplan opsygesit sal word.

Dié skema, wat oor die volgende 14 jaar ingefaseer sal word, sal na verwagting tot R250miljard oor dié tydperk kos.

’n Verhoging in maatskaplike toelaes kan ook verwag word.

Die groot uitdagings waarmee Gordhan te kampe het, is werkloosheid, gedempte ekonomiese toestande en inflasie.

Nog ’n probleem is die fiskale tekort wat na verwagting oor die volgende paar jaar tot 4% kan beloop. Dit beteken Gordhan het 4% te min inkomste om vir al die uitgawes te betaal. Dié jaarlikse tekort maak die staat se skuld al hoe groter. Staatskuld is nou sowat 45% van die bruto binnelandse produk.

In gedempte ekonomiese omstandighede word dit ál moeiliker om die staatskuld af te betaal.

Dit gaan ook interessant wees om te hoor hoe Gordhan die kwessie van die tolpaaie in Gauteng gaan hanteer. Sal hy sê die tolstelsel moet geskrap word, of sal hy sê die fiskus kan dit nie bekostig nie en tolpaaie is hier om te bly?

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.