Respek vir Grondwet verblydend, sê regter Goldstone

2012-02-03 21:55

Dr. Khotso Mokhele, kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, ken die graad doktor in die regte aan regter Goldstone toe. Foto: Charl Devenish

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DAAR is rede tot kommer dat die demokrasie in Suid-Afrika in ’n sekere mate besig is om te verswak, maar dit is verblydend dat die letter en die gees van die Grondwet en die Handves van Menseregte tog deur regeringsvlakke gerespekteer word.

Politieke spanning in regeringskringe is nie uniek aan Suid-Afrika nie en struwelinge op regeringsvlak van talle ander demokrasieë vind voortdurend plaas.

Só het regter Richard Gold­stone, oudregter van die grondwethof en menseregte- en internasionale juris, gister in Bloemfontein gesê toe hy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang het.

Goldstone is op die amptelike opening van die UV vir sy bydrae tot die ontwikkeling van internasionale regspleging en sy uitsonderlike regsloopbaan vereer.

Hy het op dié spoggeleentheid, wat deur onder andere mnr. Richard Freedman, die direkteur van die South African Holocaust and Genocide-stigting, en regter Mahube Molemela van die Vrystaatse hooggeregshof bygewoon is, gesê Suid-Afrika het sedert 1994 groot vordering op die gebied van transformasie gemaak.

“Die transformasie van ons land is daar vir almal om te sien en ons moet dié veranderinge nie as vanselfsprekend aanvaar nie, maar eerder daarna streef om ’n groter bydrae te lewer.”

Regter Goldstone het egter die gebrek aan hulpbronne in die Suid-Afrikaanse regstelsel as kommerwekkend bestempel.

Hy het gesê dit is skokkend dat landdroshowe dae lank gesluit word, terwyl reg en geregtigheid moet geskied.

Regter Goldstone het reeds 26 eregrade van oor die wêreld heen verwerf, maar het gesê dit is goed en ’n groot eer om deur die UV in sy eie land vereer te word.

“Ek het al baie jare reeds ’n goeie en gelukkige verhouding met die UV.”

Regter Goldstone het van 1995 tot 2003 in die grondwethof ge­dien en was voor dit op die bank as regter in die hooggeregshof en die appèlhof in Bloemfontein.

Hy het onder meer in 1994 die eerste hoofaanklaer geword van die Verenigde Nasies (VN) se internasionale tribunale wat oorlogsmisdade verhoor het.

Prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, het gesê regter Gold­stone is die internasionale gesig van Suid-Afrika in strafreg.

“Daar is niemand beter as regter Goldstone, naas oudpres. Nelson Mandela, om ons land op internasionale vlak te verteenwoordig nie.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.