Polisieman kritiek ná huisskietery
2010-09-09 10:27
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Johannesburg – ‘n Polisieman is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy by sy huis in Kuilsrivier geskiet is, het paramedici in die Wes-Kaap Donderdag gesê.
“Die man het ‘n enkele skietwond aan die linkerkant van sy bors opgedoen. Di blyk of die skoot van ‘n kort afstand gevuur is,” het Lauren Copley van Netcare 911 gesê.
Die 24-jarige polisiebeampte is Woensdagaand geskiet terwyl hy nie op diens was nie.
“Sy toestand is kritiek. Hy is op die toneel gestabiliseer, waarna hy per ambulans na die Netcare Kuilsrivier-hospitaal geneem is,” het Copley gesê.
- SAPA