Pieter Cilliers is nou ’n soeker, ‘niks meer en niks minder nie’

2011-03-18 06:49

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Altesaam 14 jaar gelede het Pieter Cilliers homself ’n Christen genoem. Vandag bestempel hy homself as ’n “soeker”.

Dié is dalk van die kragtigste getuienisse nog van die aftakelende effek wat kerke se verwerping van gay- mense op hul geloof het.

Cilliers, vervaardiger van die TV-program Kwêla, se boek Soeker is vandeesweek by die Universiteit van Pretoria bekend gestel.

Dit is ’n opvolg en uitbreiding op ’n Kas is vir klere, die boek waarmee hy as oudpredikant in 1997 vir die wêreld vertel het hy is gay.

Toe kon hy nog die boek afsluit met ’n paragraaf waarin hy homself beskryf het as: “’n vier-en-veertigjarige wit, gay-Christen, Afrikaner. Niks meer nie, niks minder nie.”

In die nuwe boek sluit hy af deur homself te beskryf as: “’n nege-en-vyftigjarige wit, gay, Afrikaner. ’n Soeker. Niks meer nie, niks minder nie.”

Cilliers skryf in die boek dat hy nie so maklik ’n onderskeid kan tref tussen geloof en die kerk nie. Vir hom was die kerk en Christenwees nog altyd verweef.

Hy vertel van mooi herinneringe aan die kerk, maar voeg dan by: “Wanneer daardie einste kerk jou dan demoniseer en marginaliseer bloot oor wie jy is, kan dit nie anders as om jou geloof te toets nie.

“Wanneer die instelling wat veronderstel is om jou te omarm, jou skuldig bevind en uitsluit op grond van jou identiteit, wonder jy wat van God geword het.”

Hy het nie duidelikheid oor die vraag of hy homself nog ’n Christen in die tradisionele sin van die woord kan noem nie, skryf hy.

Daarmee verklaar hy egter nie dat hy ’n ongelowige of selfs net ’n twyfelaar is nie. Die woord “twyfelaar” het ’n negatiewe konnotasie, sê hy. In “soeker” is daar nog hoop opgesluit.

Hy is nog soekend wat baie dinge betref, ook na God.

Cilliers sê hy het gedink daar was ’n klomp dinge in sy lewe wat hy lank-al afgehandel en weggebêre het. Met die skrywe van Soeker is dit egter opnuut losgevoel. Dit was vir hom opvallend hoeveel keer die kerk in die proses weer ter sprake gekom het.

“Die hunkering na die kerk bly, al het jy lankal jou rug daarop gekeer,” sê hy.

“Iewers agter die masker bly daar ’n gemis.”

‘Negatiewe houding teen gays nie fobie’

“Homofobie” is die verkeerde woord om te gebruik as na mense se negatiewe houding teenoor gays verwys word.

Prof. Yolanda Dreyer, teoloog van die Universiteit van Pretoria, het eergisteraand by die bekendstelling van Pieter Cilliers se boek Soeker verduidelik dié negatiewe houding is nie ’n fobie of vrees nie. Dit is vooroordeel.

Daarom word die woord “heteroseksisme” nou verkies.

Dit is soos rassisme, die vooroordeel “dat óns ras beter is as ander”. Dit is ook soos seksisme, die vooroordeel “dat ons geslag superieur is”.

Heteroseksisme is die vooroordeel “dat ons seksuele oriëntasie ons beter en selfs heiliger mense maak as ander”.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.