Oud-AWB-man pleeg selfmoord
2012-02-03 21:55
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
JOHANNESBURG. – Mnr. Fred Rundle, voormalige AWB-sekretaris-generaal en -woordvoerder, het op 80-jarige ouderdom selfmoord gepleeg.
Rundle, wat die afgelope 44 jaar aan diabetes gely het, is Woensdag in sy woonstel in Fairland, Johannesburg, weens ’n oordosis slaappille en diabetes-medisyne dood.
Me. Elizabeth Laranjo (58), sy oudste dogter, het gister gesê die familie is steeds baie hartseer oor sy dood. Hy was volgens haar kort voor sy dood baie depressief.
Rundle was ook voorheen leier van die Afrikaner-Volksfront. Hy het na bewering noue bande met onder andere die sogenaamde Wit Wolf Barend Strydom en sekere lede van die voormalige Burgerlike Samewerkingsbeweging (BSB) gehad. Rundle het in sy kortstondige politieke loopbaan as parlementskandidaat vir die Konserwatiewe Party gestaan.
Volgens die Volkstaat-webblad het hy sy politieke loopbaan? by die Nasionale Party op Lichtenburg begin, maar hy het die party later verlaat.
Hy word oorleef deur drie dogters, agt kleinkinders en drie agter-kleinkinders.– Ügen Vos
- Volksblad