Nag van bloed op hoewes

2010-01-16 05:56


Bloemfontein

’n Nag van bloed in Bainsvlei is onthul ná die dood van ’n man wat in ’n reeks aanvalle deur besope rowers “geslag” en die letters “ANC” met messe op sy rug uitgekerf is.

Vier mans het ná ’n drinksessie die aand van 23 Desember op ’n beweerde moord-en-verwoestingstog op die hoewes gegaan en ook ’n vrou en haar 14-jarige seun keelaf gesny, die pa in die hart gesteek en ’n buurvrou vyf keer in die rug gesteek.

Mnr. Moses Nthloka (sowat 60), die man op wie se rug die letters “ANC” uitgekerf is, is dié week in die Pelonomi-hospitaal dood. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, sê die mans het ná ’n drinksessie op ’n misdaadtog in Bainsvlei vertrek. Altesaam 17 misdade binne ’n paar uur word met hulle verbind.

Dié misdade sluit in drie moorde, ’n verkragting, huisbraak, poging tot moord, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Hulle het elke mens aangeval sover soos hulle geloop het en by huise ingebreek.

“Hulle was dronk. Om fees te vier is een ding, maar ’n mens doen dit nie op ’n barbaarse manier nie,” het Marope gesê.

Nadat Volksblad, susterkoerant van Die Burger, Nthloka se dood bevestig het, is die moordbende se spore gister gevolg.

Die vier het om middernag op die werkershuise op Hoewe 2, Saaimanweg, toegeslaan.

Mnr. Jacob Nokgedi (45) sê die deur is oopgeskop. Die vier mans het op Tswana geld geëis en toe berserk geraak.

“Hulle het net begin donner. Hulle het my eerste gesteek (vier steke in die sy regoor die hart en in die nek).

“Toe sny hulle my vrou, Martha van Wyk, keelaf.

“Sy is net daar dood, saam met my kind, Desay (14).

Hy het probeer help, toe sny hulle ook sy keel af. Ek het gehoor hoe steek hulle. Toe f–f hulle.

“Hulle het niks gesê nie, net my skoene gevat. Dis my nuwe skoene wat ek vir Kersfees gekoop het.”

Sy dogter, Sanna (24), het hulp gaan soek terwyl die vier op die huis van mev. Lydia Modise (52) toegeslaan het.

Modise se seun, Petrus, is met ’n yster oor die kop geslaan.

“Sy het die geraas gehoor en uitgegaan. Die vier het geld gesoek en toe sy sê sy het niks nie, het hulle haar ‘gevang’.

“My arms is bó my kop vasgehou en ek is met ’n mes van agter gesteek. Ek is vyf keer in die rug en arms gesteek.”

Nthloka, haar swaer, is daarna in die pad gekry en “geslag”.

Mnr. Samuel Sethlare, sy broer, sê mense het hom vir dood langs die Dealesville-pad gekry. Hy is in die kop, lyf en bene gesteek.

Op sy rug is die letters “ANC” uitgekerf, maar niemand weet hoekom nie.

 - Die vier mans wat in hegtenis geneem is, is mnre. Jacob Gatrey (25), Daniël Mahloko (27), Itemeleng Maruma (22) en Amos Nkaba (32).

Hulle word in die Grootvlei-gevangenis aangehou en verskyn op 28 Januarie in die Bloemfonteinse landdroshof, waar hulle om borgtog aansoek sal doen.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.