Moordverhoor teen tweeling stort in duie

2012-02-02 22:44

DIE moordverhoor teen die bekende Lekone-tweeling van Heidedal het gister in die Vrystaatse hooggeregshof in duie gestort toe die getuienis van een van die staat se belangrikste getuies op die moordaanklag wesentlik van haar weergawe in haar polisieverklaring verskil.

Mev. Kedibone Palatse is net nadat haar getuienis afgehandel is op ’n aanklag van regsverydeling in hegtenis geneem.

Adv. Sophie Giorgi, vir die staat, het daarna voor regter Ian van der Merwe gesê sy gaan geen verdere getuienis teen mnre. Keabecoe en Kegomodicoe Lekone oor die aanklagte van moord, regsverydeling en onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie aanbied nie. Luidens haar polisieverklaring was Palatse ’n ooggetuie van hoe konst. Lehlohonolo Seqhee (31), lyfwag van mnr. Seiso Mohai, destyds LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, in die vroeë oggendure van 18 Augustus 2008 buite die restaurant en kroeg Ekhayeni Pub and Grill van die Lekones in Bochabela doodgeskiet is.

Gister het sy getuig daardie inligting is wat sy van ander mense gehoor het. Hoewel sy op elke bladsy van die verklaring geteken het, is dit nie weer met haar deurgegaan nie en ook nie aan haar teruggelees nie. Dit is ook nie in haar teenwoordigheid beëdig nie.

Toe Giorgi aan haar stel dat sy self die verklaring verlede week met haar deurgewerk het, het Palatse getuig dat hulle net oor die gebeure van daardie aand gepraat het.

Giorgi gaan Maandag, wanneer die verhoor voortgesit word, getuienis lei oor ’n aanklag van meineed teen die Lekones. Die staat beweer hulle het in hul borgtogaansoek onder eed gelieg.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.