Moordenaar 20 jaar tronk toe

2010-05-21 00:45

’n Jong man wat die geliefde mev. Thyrza Lombard (77) van Clarens in 2009, na bewering saam met twee vriende, vasgehou en met ’n skoenveter verwurg het, is op aanklag van moord skuldig bevind en tot tronkstraf van minstens 20 jaar gevonnis.

Mnr. Tshokolo David Mashinini (21) het gister in die Vrystaatse rondgaande hof op Bethlehem, in die teenwoordigheid van adv. Jackie Steytler, namens hom, en adv. Silas Chalale, aanklaer, ’n pleit- en vonnisooreenkoms onderteken waarin hy altesaam tot ’n minimum van 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Die vonnis is deur regter Fouché Jordaan van Bloemfontein opgelê.

Die inbraak en moord het die nag van Sondag 8 Februarie 2009 in Lombard se huis op die dorp plaasgevind.

Slegs haar selfoon is gesteel.

Mashinini het erken dat hy Lombard oorweldig het en dat dit sy linkerkantste tekkieveter was wat gebruik is om haar dood te wurg. Hy het tot dusver saam met sy vermeende medepligtiges, mnre. Bongani Steven Mokoena (19) en Matjibedi David Mohloana (20) van Kgubetswana, Clarens, tereggestaan op aanklagte van moord, asook huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.

Mashinini is tot 12 jaar weens die huisbraak en roof gevonnis wat samelopend met die 20 jaar weens die moord op Lombard uitgedien moet word.

Mokoena en Mohloana, wat nog nie gepleit het nie, se saak is tot die week van 26 tot 30 Julie uitgestel. Mashinini en die ander twee verdagtes is slegs drie uur ná die ontdekking van Lombard se lyk deur kapt. Koos Els en insp. Jacob Khumalo van die Valke op Phuthaditjaba in hegtenis geneem.

Hy het volgens die klagstaat op die dag van die moord saam met sy vriende by die Hunters Pub in die township gekuier en gedrink. Dit was donker toe hulle besluit het om by Lombard, wat alleen gewoon het, te gaan inbreek Lombard, wat reeds geslaap het, het glo wakker geword en die lig aangesit.

Waterdigte bewyse teen Mashinini het onder meer DNS ingesluit wat onder Lombard se vingernaels was. Sy het hom in sy gesig gekrap terwyl sy haar teen hom, en glo ook teen die ander twee aanvallers, verset het.

Lombard, wat as ’n “samaritaan” beskryf is, het op menige geleenthede vir Mashinini en die ander twee beskuldigdes met kos en klere gehelp.

Vriende vertel sy het haar altyd oor die Kgubetswana-gemeenskap ontferm. Mashinini, wat slegs gr.?7 en ’n biologiese ma het, het aan Volksblad gesê hy is jammer – dit was nie sy bedoeling dat Lombard moes sterf nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.