Mikayla opgewonde huis toe

2012-01-27 22:22

Ek gaan huis toe! Mikayla Robbertse (5) gister by die ingang van die Steve Biko-hospitaal kort nadat sy ontslaan is. Foto: Liza van Deventer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DIE vyfjarige meisie wat in Desember deur ’n Mosambiekse spoegkobra gebyt is, was gister só bly om uit die hospitaal ontslaan te word dat sy met haar seer, verbinde been uit haar stootwaentjie geklim het om self vinniger by die motor te kom.

Mikayla Robbertse is ontslaan nadat die operasie om haar linkerhandjie van haar linkerbeen los te maak, vroeër dié week ’n sukses was.

Dié handjie is ’n paar weke gelede aan haar lies vasgewerk in ’n poging om die weefselskade bo-op te herstel.

“Ek gaan huis toe!” het ’n baie opgewonde Mikayla, van Lephalale (Ellisras), keer op keer by die ingang van die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria herhaal aan enigeen wat wou luister.

Sy het gesê haar hand is nie meer seer nie, maar haar been, waarvan die wond gister skoongemaak is, is nog seer.

Haar ouma, mev. Charmain Robbertse, het gister gesê sy kan nie wag om Mikayla weer vir haarself te hê nie.

“Ek is só bly sy kom huis toe sodat ek haar kan vertroetel en sodat ons weer in ’n roetine kan kom,” het Robbertse gesê.

Die liesflap-tegniek is vroeg in Januarie op Mikayla uit­gevoer nadat dooie weefsel vroeër uit haar hand en voorarm verwyder is.

Die gif van ’n Mosambiekse spoegkobra werk baie soos dié van ’n pofadder. Dit veroorsaak weefselnekrose wat daartoe kan lei dat dokters maande lank dooie weefsel, selfs weg van die bytwond, moet wegsny.

Die weefselskade aan Mikayla se hand was so groot dat die ligamente ontbloot was.

’n Flap bestaande uit vel, onderhuidse weefsel en bloedvate is uit die lies gesny. Dit was net aan drie kante los met die vierde kant nog vas aan die lies vir bloedtoevoer.

Mikayla moes die hand die laaste weke baie stil hou om te keer dat dit nie losgaan nie.

Die operasie om die hand los te maak, het sowat ’n uur en ’n half geduur.

Robbertse het gesê Mikayla sal nou in Lephalale met fisioterapie begin en elke Donderdag vir opvolgbesoeke na Pretoria terugkeer. “Oor so ses maande sal die dokters dan verdere rekonstruksie doen omdat die arm nog nie mooi lyk nie. Dit is bedek, maar daar het baie gate ingeval.”

Mikayla sien volgens haar ouma veral daarna uit om haar Pekinese hondjie, Jimmy, wat glo soos die bokser Jimmy Abbott lyk, weer te sien.

“Daar wag ook vir haar ’n verwelkomingspartytjie as sy by die huis kom, so die opgewondenheid is groot,” het Robbertse gesê.

Mikayla laat blyk ook geen slangvrese nie.

“Haar gunstelingboek is nou een oor slange.”

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.