‘Mighty Men’ nou amptelik handelsmerk

2012-02-09 22:26

PRETORIA. – Die Greytownse evangelis mnr. Angus Buchan het die naam Mighty Men Conference as handelsmerk laat registreer om die misbruik daarvan te voorkom.

Buchan het ook sy eie naam en dié van sy TV-program, Grassroots, om dieselfde rede laat registreer.

Buchan het gister gesê hy wil voorkom dat mense dié name misbruik deur dinge onder sy vaandel te verkondig waarmee hy nie saamstem nie, of geld insamel by niksvermoedende mense wat meen dit gaan vir ’n goeie doel.

Hy wil niemand keer om die evangelie te verkondig nie, maar as hulle nie met hom oorleg pleeg oor die gebruik van dié name nie, moet hulle dit onder hul eie vaandels doen.

Buchan het op sy laaste Mighty Men-konferensie op die plaas Shalom buite Greytown gesê hy gee die aflosstokkie oor na die volgende geslag.

Hulle moet voortgaan om die boodskap van die Mighty Men-konferensies verder uit te dra.

Vanjaar word daar in Suid-Afrika drie sulke konferensies met Buchan se medewete en goedkeuring gehou.

Aanstaande maand vind Mighty Men Bosveld op ’n plaas net buite Polokwane plaas. Buchan sal op een sessie optree.

In April is daar Mighty Men-konferensies in die Karoo en by die Vaaldam. Buchan sal self op die Karoo-konferensie optree, maar nie by die Vaaldam nie.

Hy tree ook in Mei op ’n Mighty Men-konferensie in Yorkshire, Engeland, op. Daar word ook ’n konferensie met sy goedkeuring in Australië gehou, maar hy sal nie self daar wees nie.

Buchan sê hulle het nog nie groot probleme met die misbruik van die name gehad nie, maar daar was al ’n geval dat sy foto gebruik is op ’n plakkaat vir ’n geleentheid waarvan hy niks geweet het nie.

Oor bewegings soos Mighty Kids sê Buchan het hy nie bande mee nie, maar dié naam pla hom nie omdat dit nie Mighty Men is nie.

Buchan het hom ook ten sterkste gedistansieer van ’n vals e-pos oor Mighty Men-konferensies wat die ronde doen.

Daarvolgens sou die ANC bepaal het die meeste mense op elke Mighty Men-konferensie moet voortaan swart wees.

Hy sê hy is verbind tot rasseharmonie in die land en dié soort e-pos help niks. Hy beskou dit nie eens as ’n grap nie, maar as veragtelik.

Buchan het self in die verlede herhaaldelik gesê hy wil swart mense graag met sy boodskap bereik, byvoorbeeld deur ’n massasaamtrek in Soweto te hou.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.