Max du Preez: Mediawet sal einde aan joernalistiek bring
2010-08-17 13:03
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Kaapstad - Die bekende joernalis en skrywer Max du Preez sê die regering se voorgestelde mediawet sal "joernalistiek soos ons dit nou ken beëindig."
Die sogenaamde wet op die beskerming van inligting "gee ministers, staatsdienswerkers, burgermeesters, klerke en 'n rits ander mense die reg om enigiets as geheim te klassifiseer. Enigiets," het Du Preez Maandagaand tydens die bekendstelling van 'n hersiene uitgawe van sy boek Pale Native (Dwars) by Kalk Bay Books gesê.
Volgens Du Preez is die houding wat LUR's in die voorgestelde mediatribunaal teenoor joernaliste sal hê reeds duidelik.
Een LUR het glo aan die redakteur van die Mail&Guardian, Nick Dawes, gesê hy sien "niks Suid-Afrikaans aan hom nie."
'n Ander, het Du Preez gesê, het aan Dawes gesê: "As jou naby my kar sien, skiet ek jou in die kop."
Lees meer hier.