Man se been in fabriek vergruis
2010-09-03 09:35
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Johannesburg – ‘n Man se been is vergruis toe dit in ‘n roller beland het by ‘n fabriek in Benoni wat voerbande vervaardig, het paramedici Vrydag gesê.
Volgens Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, het die man se been Woensdagaand aan een van die voerbande vasgehak toe dit deur twee 15cm breë rollers getrek is.
Met paramedici se aankoms op die toneel was die man in erge pyn en was sy been steeds in die masjien vasgeknyp.
Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
- SAPA