Man ernstig by kuierplek aangerand

2012-01-22 21:55

Mnr. Brendon Shawinsky (33). Foto: Willem van der Berg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n BESTUURDER en uitsmyter van ’n bekende Bloemfonteinse kuierplek gaan vandag in die hof verskyn nadat ’n man na bewering erg met pype, knuppels, ’n gebreekte bottel en knipmes aangerand is.

Mnr. Brendon Shawinsky (33), ’n boukontrakteur, sê hy vrees vir sy lewe nadat ’n groep mans Vrydagaand by 2nd Avenue Café tot die tande uit sy mond geslaan het.

Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, sê ’n bestuurder en uitsmyter, onderskeidelik 25 en 20 jaar oud, is Saterdagaand in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle is later dieselfde aand op waarskuwing vrygelaat.

Albei gaan vandag op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die hof verskyn.

Shawinsky sê hy het die aand saam met vriende by sy huis gekuier, maar het later die aand na 2nd Avenue gegaan om hom by ’n vriend vir sy verjaardag aan te sluit.

Hy vertel hy en sy vriende was skaars ’n uur daar en op die dansvloer toe die moeilikheid begin.

Shawinsky sê hy is na die agterkant van die klub geneem waar hy oor sy lyf heen, ook agter op sy rug en nek, onder meer met staalpype geslaan is.

Die “hokagtige deel” waar hy glo geslaan is, is ’n deel buite die klub bo ’n stel staaltrappe waar vuilgoed uitgesit word.

Hy sê hy is eers daarvan beskuldig dat hy aan ’n meisie se agterstewe gevat het. Bewerings is ook oor dwelms gemaak.

Hy hou vol hy is ’n onskuldige slagoffer van wie ’n teiken gemaak is.

“Ek weet nie of hulle my met iemand anders verwar het nie, maar niemand het my deursoek nie. Hulle kan maar op hul kameras gaan kyk. Ek was net daar om ’n vriend geluk te wens met sy verjaardag, dan sou ek waai.”

’n Vriend, wat verkies om anoniem te bly, sê Shawinsky was die hele tyd saam met hulle op die dansvloer. Nadat hulle hul vriend geluk gewens het, het hulle skielik besef Shawinsky is weg.

Dié 21-jarige sê hulle het Shawinsky eers gekry toe hulle in die agterste parkeerterrein, waar hul motor gestaan het, op hom afgekom het.

“Ons het hom net in die kar gelaai. Daar was nie tyd vir vrae nie.”

Hulle het hom na die Pelonomi-hospitaal gebring waar hy verskeie steke gekry het bo sy linkeroogbank waar hy met ’n gebreekte bottel geslaan is en in sy hand waar hy met ’n mes raakgesteek is.

“Ek kan nie glo dat Brendon iets sou doen om enigiemand uit te lok nie. Hy was die heeltyd by ons. Ek is nou te bang om uit te gaan.”

Die eienaar, wat volgens gereelde kuiergangers glo glad nie sulke moeilikheid by sy kuierplek duld nie, kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie.

Hy is glo in die buiteland.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.