Malema soek wit huishulp

2012-01-06 22:30

Sy hangende appèl het Malema klaarblyklik min gepla. Hier lag hy lekker vir die skare wat luidkeels struggle-liedjies sing. Foto: Willem van der Berg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

THABA NCHU. – Die ANC-jeugliga (ANCJL) wil nie wittes die see in jaag nie, het dié organisasie se beleërde leier, mnr. Julius Malema, gister gesê.

“Oor tien jaar moet daar wit huisbediendes wees,” het Malema, wat weer na die vurige ou Malema gelyk het, gister in Thaba Nchu aan meer as 1000 mense in ’n stampvol saal gesê.

Malema het gepraat op ’n geleentheid wat deel vorm van die ANC-eeufees die naweek in Bloemfontein. “Huisbediendes word in die baas en madam se slaapkamer verkrag, maar kan niks sê nie omdat hulle hul werk sal verloor,” het hy vurig gesê.

Oor die feit dat slegs Zuma Sondag ’n toespraak sal hou en geen ander alliansie- en liga-leier nie, het Malema gesê Zuma praat namens die ANC. “Hier is ek in Mangaung en ek praat met julle. Zuma kan maar Sondag praat.”

Met verwysing na sy skorsing, het Malema gesê individue maak foute en “leiers” moenie dan dreig met dissiplinêre optrede nie.

“Jy dink jy kan mense vir vyf jaar skors, hulle op die kantlyn skuif en nog langer stil hou deur ’n appèlverhoor. Jy kan nooit ’n revolusionêr onderdruk nie!”

Hy het weer uitgevaar oor banke, myne en grond wat in wit besit is. “Die media moenie vir my sê ek besit grond nie. Ek besit net ’n stukkie grond.”

Hy het oudpres. Nelson Mandela geloof en gesê dit was weens sy visionêre leierskap dat die ANC sy beleid van vreedsame verset laat vaar het.

“Mandela het gesê dit help nie om briewe te skryf aan die koningin van Engeland nie. Hý het gesê ons moet die wapen opneem. Hy was toe leier van die ANCJL. Dieselfde moet vandag gebeur as ons ekonomiese vryheid wil hê.”

Ná Malema het die minister van sport, mnr. Fikile Mbalula, ook in ’n vurige toespraak, die ANC gekap. “Die ANCJL is ’n outonome en militante organisasie. Die moederliggaam moenie probeer om dit te verander nie. Hulle sal dit nie regkry nie.”

Mbalula het Malema deurgaans geprys. “Daar was baie ANCJL-leiers voor Malema en hulle het groot leiers geword. Hulle het almal deur die prosesse tot bo gekom. Hoekom kan Julius nie?”

Oor die meer as R100miljoen wat die ANC-eeufees kos, het Mbalula gesê geld is nie ter sprake nie. “Wat is R100miljoen? Geld is f*k*l!”

Ná die vergadering het die skare aanhoudend “Skiet die boer” gesing terwyl Malema en sy trawante “shoot to kill, kiss the boer” gesing het. Voordat Malema opgedaag het, het die skare gesing “Malema bid vir ons, ons ly. Die stort gee ons probleme.”)Skaars 20km van waar Malema en Mbalula toesprake gehou het, het pres. Jacob Zuma in Bo­tshabelo ’n blitsbesoek gebring, waar hy inwoners belowe het dat hulle gou lopende water sal hê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2005
R 159,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2006
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.