Lyk van vermoorde man lê ure op sypaadjie in Bfn

2010-03-01 05:42

Die polisie ondersoek ’n moordsaak nadat die lyk van ’n Bloemfonteinse man gisteroggend vroeg in Willows gevind is.

Mnr. Marius Stadler (31) se lyk is omstreeks 05:00 op die hoek van Parfitt- en Victoriaweg gevind. Stadler het ’n meswond in die rug gehad en die polisie vermoed die motief vir die moord is roof.

Stadler se pa, mnr. Pierre Stadler, sê sy seun het Saterdagaand met sy vrou en vier vriende na ’n kuierplek in die middestad gegaan. Hy het glo die kuierplek verlaat om sigarette by ’n vulstasie te koop en nooit teruggekeer nie.

Hy is vermoedelik vermoor terwyl hy na sy huis in Willows teruggestap het.

Stadler sê hy en sy seun se vriende het lank na hom gesoek en was op pad polisiekantoor toe om hom as vermis aan te meld, toe hulle die polisie sien rondry.

Hulle is toe ingelig dat die polisie na ’n vermoorde se naasbestaandes soek.

Supt. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê Stadler se rybewys het naby sy lyk gelê en van die inhoud van sy beursie het glo ook op die toneel rondgelê. Sy selfoon word vermis en Wrensch sê die polisie dink roof was die motief vir sy moord.

Stadler se lyk het gisteroggend ure op die sypaadjie gelê terwyl vir ’n lykswa gewag is. Toe mense begin verbystap kerk toe, het ’n lid van die publiek ’n kombers uit sy huis gaan haal en hom daarmee toegegooi.

’n Groep skoolkinders het glo ook in dié tyd verbygestap.

Stadler sê sy seun was ’n kabinetmaker van beroep en het sy eie ingeboudekaste-onderneming bedryf. Hy het geen kinders gehad nie.

Stadler se vrou, Tharina, is verskriklik geskok en het die nuus van haar man se dood baie moeilik hanteer.

Sy sê hy was ’n baie vrolike man, wat lief was vir dans en vir sy werk gelewe het.

“Ons is nog nie eens ’n jaar getroud nie,” het sy gister tussen trane deur gesê.

Hulle sou op 2 Mei hul eerste huweliksherdenking vier.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.