LP’s ontevrede oor sekuriteitsmaatreëls

2012-02-09 22:26

KAAPSTAD. – Die mate waartoe sekuriteitsmaatreëls vir die staatsrede verskerp is, het parlementslede en parlementêre personeel se werk gister ontwrig.

“Dit is duidelik dat die sekurokrate die oorhand kry in die regering,” het mnr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, gesê. Hy was uitgesproke oor die groeiende afstand tussen die regering en die bevolking.

“Die atmosfeer van gravitas en ordentlikheid van vorige jare is vervang deur ’n atmosfeer van erge sekuriteit, wat die landsburgers se lewe ontwrig.”

Sommige parlementêre personeel wat nie spesifiek vir die staatsrede geakkrediteer is nie, moes hul kantore verlaat en is vroeg huis toe gestuur deur sekuriteitspersoneel wie se gedrag wyd as oordadig en onbeskof beskryf is.

Die middestad van die Moederstad is reeds van 09:00 omgeskep in ’n stadig bewegende verkeersknoop deurdat verskeie hoofroetes die hele dag afgesper is.

Teen sononder was selfs Adderleystraat afgesper en onnatuurlik stil, met kwaai polisielede wat die publiek op ’n afstand gehou het.

Politici was nie beïndruk nie.

Na verneem word, het een LP doodgewoon geweier om te stop en deurgery, terwyl ’n ander sy motor net daar gestop, uitgeklim en begin het om parlement toe te stap voordat die polisie bes gegee het.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.