Krisis staar VS, NK in gesig

2010-06-24 04:13

Vrese oor moontlike lewensverlies weens die kritieke tekort aan opgeleide verpleegsters in die Vrystaat en Noord-Kaap neem toe.

Verskeie skrywers in Volksblad se briewekolom het gister dié vrees uitgespreek.

Die tekort aan verpleegsters lei tot werkery van dubbelskofte.

Wedersydse beskuldigings en bekgevegte tussen onder andere geneeshere en verpleegsters – in een geval selfs ’n vuisgeveg – is deel van die twis oor wat die ware oorsake is van dié dreigende krisis waarop gesondheidsdienste in die twee provinsies afstuur.

Volgens belanghebbendes is die dubbelskofte deur verpleegsters die hoofoorsaak van die probleem.

Die nypende tekort in die bedryf skep geleentheid vir ekstra werk vir bestaande verpleegsters, wat daartoe bydra dat hulle oorwerk is. Verpleegsters verkies die ekstra werk om hul relatief swak salarisse aan te vul.

Suster Veronica Fransman-Hendricks, provinsiale sekretaris van die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika (Denosa) in die Vrystaat, sê die tekort het ’n negatiewe invloed op dienslewering. Die skuld hiervoor word op verpleegsters gepak.

“Reeds moeë verpleegsters doen afloswerk by ander hospitale, wat tot uitbranding en meer frustrasie lei.”

Dokters wat anoniem met Volksblad gepraat het, het die dubbelwerkery van verpleegsters skerp veroordeel.

By navraag het dit geblyk die Medi-Clinic-hospitale in die Noord-Kaap en Vrystaat het in 2009 sowat 25800 aflos-verpleegsters gebruik.

Mnr. Carl Bührmann, bestuurder van die Bloemfontein-Medi-Clinic, sê dié hospitale – in Bloemfontein, Kimberley, Welkom, Bethlehem en Kathu – het elk gemiddeld 430 aflosverpleegsters per maand gebruik.

Dié verpleegsters werk óf vir die hospitaal self, vir ander hospitale óf net deeltyds.

Bührmann sê 91% van hul permanente poste in die hospitale is gevul, maar indien die hospitaal voller as gewoonlik is, word hulle genoodsaak om verpleegters “in te koop”.

Hy sê verpleegterskolleges wat gesluit is en die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegsters (SANC) se beperking op studentegetalle is van die redes vir die tekort.

Die uitvloei van verpleegsters landuit en jong mense wat voel die beroep is nie finansieel belowend nie vererger die situasie.

Mev. Ina Human, provinsiale takbestuurder van Charisma, ’n agentskap vir aflos-verpleegpersoneel, sê mediese personeel registreer by hulle om hul salarisse aan te vul.

Human sê daar is verpleegsters wat al sedert 2006 by dieselfde hospitaal aflos. Sy sê sowat 20% van verpleegsters in hul databasis werk vir die staat.

Die dubbelwerkery van mediese personeel is al in 2004 deur die Staatsdienskommissie ondersoek. Hulle het tóé al bevind dat die meeste aflos-dokters en -verpleegsters in Gautengse hospitale van onder meer die Vrystaat af kom en aanbeveel dat agentskappe gesluit word.

Verpleegsters wat by staatshospitale oortyd werk, wag glo ongeveer twee maande vir oortydbetaling.

Me. Madithapo Masemola, tegniese adviseur van die nasionale gesondheidsdepartement, het onlangs gesê verpleegkundiges in diens van die departement is naby aan aftrede. Sy sê daar is ook ’n tekort aan medisyne en mediese toerusting.

Dr. Gilbert Gibson, ’n internis in Bloemfontein, stem saam dat “verpleegsters die wind van voor kry”. Hy sê hospitale moet verpleegsters beter betaal, dan is die probleem al halfpad opgelos en afloswerk is nie die probleem nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.