Kom met voorstel, sê Tina vir boere

2012-02-21 22:32

STELLENBOSCH. – Boere moet ’n plan maak om die regering met ’n alternatief vir die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper te help.

Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het dié versoek gister in die vorm van ’n waarskuwing aan AgriSA se beleidskongres gerig. Sy het na die ANC se beleidskongres van 26 tot 29 Junie in Midrand verwys.

“Die beleidskongres is op pad. Die debat oor grondhervorming gaan baie warm wees. Ek onderneem om my nie ten gunste van die nasionalisering van grond uit te spreek nie, maar ons moet aanvaar dat die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper nie werk nie.

“Ek het dit al tevore gevra en ek vra dit weer: Wat is die georganiseerde landbou se alternatief vir gewillige koper/verkoper? Julle het nie Alzheimer se siekte nie, julle sal onthou...

“En moenie administratiewe chaos vir stadige grondhervorming blameer nie. Ek waarsku julle: Julle moet met ’n alternatief vorendag kom.”

Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, het gesê alle regsadvies wys haar stellings bots met art. 25 van die Grondwet, wat eiendomsreg waarborg.

By navraag het mnr. Johannes Möller, president van AgriSA, dit verwelkom dat die minister nie vir nasionalisering gaan vra nie, maar in ’n groot mate is eiendomsreg reeds ingekort deurdat waterregte en mineraleregte nou aan die regering behoort en boere nie meer betreders toegang tot plase kan ontsê nie.

Ander landbouleiers het geïrriteerd uitgewys dat dit nie hul taak is om planne vir die regering uit te dink nie. Hulle is sakelui met ondernemings en staan gewillige koper/verkoper voor.

Dit blyk by navraag daar is wel ’n dokument met voorstelle, maar die nodige mandaat moet nog by provinsiale landbou-unies verkry word.

Joemat-Pettersson het erken dat sy nie genoeg by boere uitkom nie, maar het die media, die DA se parlementêre vrae en die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, se ondersoek na haar besteding van belastingbetalersgeld daarvoor geblameer.

Terselfdertyd het sy afgevaardigdes gekasty omdat landbou steeds so rasgesegregeerd is en gevra hoekom so min wit boere by die Masibambisane- landelike ontwikkelingsprojek en die Geen Honger-veldtog betrokke is.

Oor vloedhulp in die Noord-Kaap het sy gesê die geld is beskikbaar en die Noord-Kaapse provinsiale departementshoof het die proses reeds begin Desember afgeteken, maar hy kon tot nog toe nie ’n afspraak met die direkteur-generaal kry om die geld aan die boere te laat oorbetaal nie.

Mnr. Harry Prinsloo, nasionale voorsitter van die wolkwekersvereniging, het haar reguit oor haar onkunde getakel toe sy slenkdalkoors aan probleme met woluitvoer gekoppel het.

Möller het gesê die minister kan haar departement se probleme oplos as sy die tegniese kundigheid in die land gebruik, maar sy doen dit nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.