Kinderensiklopedie sien die lig

2010-02-16 05:32

KAAPSTAD. – Die eerste nuwe Afrikaanse kinderensiklopedie in 20 jaar het pas die lig gesien.

Die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika is in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Taalsentrum, wat die meeste van die vertaal- en redigeerwerk gedoen het, onder leiding van die redakteur, Dawid van Lill, deur Jacklin-uitgewers uitgegee.

Die ensiklopedie bestaan uit tien bundels. Volume 1 tot 9 is alfabeties gerangskik en die 10de is ’n indeks.

Dit is gemik op die ouderdomsgroep 8 tot 16 jaar.

Dié ensiklopedie is hoofsaaklik ’n vertaling van die Amerikaanse weergawe en het 3 000 foto’s. Altesaam 20% van die inligting is egter uitgehaal en vervang deur artikels wat oor Suider-Afrika handel. Dit bevat inligting oor onderwerpe soos apartheid, Bafana Bafana, die Cullinan-diamant en Robbeneiland.

Van Lill het gesê heelwat navorsing is in biblioteke gedoen om te bepaal watter temas en onderwerpe relevant in die Suid-Afrikaanse konteks is.

“Die internet is nie in alle dele van Suid-Afrika beskikbaar nie en boeke is dikwels die enigste manier waarmee leerlinge inligting kan bekom.”

Volgens mnr. Mike Jacklin van Jacklin-uitgewers van Johannesburg bestaan ’n groot behoefte by biblioteke, veral in die Wes- en Noord-Kaap, vir gedrukte Afrikaanse navorsingsbronne vir kinders.

“Die ensiklopedie sal binne die volgende paar weke in elke biblioteek in die Wes-Kaap beskikbaar wees en kort daarna elders.”

Prof. Leon de Stadler, direkteur van die Taalsentrum, het gesê die neiging tot digitale navorsing onder kinders speel ’n sentrale rol in die intellektuele vervlakking van die jeug.

“Die internet gee aanleiding tot ’n kultuur van kits-kennis, terwyl boeke leerlinge in staat stel om meer in voeling met die konteks van die inligting te wees.”

Prof. Felix Banda van die departement linguistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland het gesê leerlinge gaan baie meer noukeurig met gedrukte as digitale inligting te werk.

“Kinders het dikwels die geneigdheid om net te knip-en-plak wanneer hulle met digitale kopie werk.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.