Jansen open skool op Kroonstad

2012-02-02 22:32

Die kapel van die Notre Dame-klooster wat weer tot sy volle glorie herstel is. Foto: Marlene Jordaan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KROONSTAD. – “St. Peter Claver-skool is dalk die enigste kans wat jy het tot sukses. Moenie dit opmors nie.”

Só het prof. Jonathan Jansen, rektor van die Vrystaatse Universiteit (UV), gister vir leerlinge op die amptelike opening van dié nuwe skool gesê.

Dit kom na aanleiding van sy gesprek met Oprah Winfrey tydens haar besoek aan die UV om haar ere-doktorsgraad te ontvang. “Ek het sowat 30 minute alleen met haar spandeer.

“Ek vra haar toe hoe ’n swart vrou uit Mississippi, waar hulle swart mense gehang het net omdat hulle opgedaag het, die mees invloedryke vrou in die wêreld geword het. Sy het vir my gesê wanneer sy ’n kans gekry het, soos ’n goeie opvoeding, het sy dit aangegryp.”

Hy het gesê sy ouers het hom geleer om ander mense met respek te behandel.

“Suid-Afrikaners doen dit nie. Selfs die Zoeloe-koning het pas slegte goed oor gay mense gesê. Wat ’n skande.”

Die hoërskool is geopen by die Notre Dame-klooster net buite Kroonstad. Die Laerskool St. Peter Claver het in 1907 ontstaan toe vyf nonne van die Notre Dame-susterskap in Engeland ’n skooltjie naby die Kroonstad-stasie begin het. Dit is nou in Constantia geleë.

Die oorspronklike kosskool wat in 1908 op die klooster-perseel begin is, is in 1972 deur die nonne gesluit in protes teen ongelykheid in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en die gebou is verkoop. Die klooster het etlike kere van hande verwissel, totdat dit in die 1990’s heeltemal in onbruik verval en gevandaliseer is. Die afgelope tien jaar is die kapel en dele van die hoofgebou gerestoureer.

Gister, die dag waarop die skool amptelik geopen is, was die 208ste verjaardag van die stigting van die Notre Dame-susterskap in Frankryk.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.