Ingryping verduidelik

2012-02-09 22:26

KAAPSTAD. – Die Vrystaatse departemente van vervoer, paaie en polisie het ’n skuldrisiko van R4,2 miljard op die provinsiale fiskus geplaas.

Die regering is nou besig om dié bedrag te verifieer.

Dit was een van die redes waarom die regering, onder leiding van mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, einde verlede jaar in die provinsie ingegryp het.

Gordhan het die inligting gister op ’n sitting van die staande komitee oor finansies bekend gemaak.

Hy het saam met ses ander ministers voor die komitee verskyn om te verduidelik waarom die regering einde verlede jaar in die Vrystaat, Limpopo en Gauteng ingegryp het.

Gordhan sê die regering het reeds gevind dat tot 23 nuwe padprojekte in die Vrystaat toegeken is sonder dat die regte tenderprosedures gevolg is.

“Die koste van paaie in die provinsie was meer as dubbel die kontrakwaarde daarvan wat goedgekeur en afgeteken was. Teen 31 Oktober verlede jaar het die departement van vervoer en paaie in die Vrystaat reeds 66% van sy begroting bestee. Daar word verwag die departement sal aan die einde van die boekjaar (31 Maart) R448 miljoen oor die begroting wees.”

Gordhan het gesê die kabinet het op 5 Desember verlede jaar besluit om ingevolge artikel 100 (1) (a) van die Grondwet in die Vrystaat in te gryp.

“Dit was nodig geag om die provinsiale tesourie te versterk en kritieke poste in die provinsie te vul.”

Gordhan sê die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het nie behoorlike verskaffingsprosesse bedryf nie.

Verder is die wet wat leningsmagte reguleer, oortree en was daar erge swak plekke met die departement se batebestuurstelsels.

Gordhan sê die Vrystaatse tesourie het nie behoorlike finansiële dissipline aan die dag gelê nie en moet aangespreek word.

“Daar was ook duidelike verontagsaming van grondwetlike en fiskale prosedures.”

Mnr. Dennis Bloem, Cope-LP van Kroonstad wat die komitee-vergadering bygewoon het, het die provinsiale owerhede gekritiseer.

“Dit lyk my ons het ’n klomp kroeks aangestel in die Vrystaat. Mense wat in die provinsies aangestel word, kom in die poste op die rug van hul ‘comrade’-skap en dan steel hulle die armes se geld.”

Gordhan sê tot op datum is die nodige artikel 100-regulasies wat uitgevoer moet word in die provinsies reeds uitgestuur.

“Die premier in die provinsie het reeds aangedui hy is gewillig en gereed om die prosesse in te stel. Die tesourie het reeds tegniese ondersteuningspersoneel gedelegeer na die provinsiale tesourie toe.

“Verdere assessering word steeds gedoen om te bepaal watter ander maat­reëls nodig is vir die provinsiale tesourie om weer op dreef te kom.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.