Liezel gou op SABC3

2010-09-09 01:02

Kaapstad

Die Idols-aanbieder Liezel van der Westhuizen het ’n nuwe werk, maar sy gaan darem eers seker maak die nuwe sangkampioen word gekroon.

Van der Westhuizen en Katlego Maboe is die aanbieders van SABC3 se nuwe ontbytprogram wat van 4 Oktober op weeksdae van 05:30 tot 07:30 uitgesaai word.

Totdat die Idols-wenner op 2 November aangekondig word, sal sy weekliks van Johannesburg na Kaapstad reis, waar die nuwe program regstreeks uitgesaai word.

Katlego was voorheen die aanbieder van DEKAT en is deesdae ’n veldaanbieder van 50/50.

Tswelopele Productions, wat Top Billing en Pasella vervaardig, is die kreatiewe span agter die nuwe ontbytprogram.

“Ek is baie opgewonde dat ek die geleentheid gegun is om Idols te voltooi terwyl ek ook aan die ontbytprogram werk,” het sy gesê. “Die Idols-span is soos familie.”

Sy moet egter haar werk as platejoggie by Jacaranda FM bedank.

Die nuwe ontbytprogram het nog nie naam nie en hiervoor word kykers se hulp ingeroep. Volgens mnr. Bradley van der Berg van Tswelopele Productions begin ’n SMS-kompetisie vandag op SABC3, waarin kykers hul voorstelle vir ’n naam kan stuur.

“Ons is baie opgewonde oor die program,” het hy gesê. “Dit gaan anders wees as enige oggendprogram en gaan veral op leefstyl fokus.”

Die inhoud sal ’n 50-50-verdeling van Engels en Afrikaans wees en sal benewens nuus, sake, sport en die weer ook insetsels oor fiksheid, kos, die omgewing en mode insluit.

Die vleispaleis Ewan Stry­dom gaan die fiksheidsinsetsels aanbied en Brigitte Willers, voormalige model en Survivor-deelnemer, die weervoorspelling.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Passing showers. Morning clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Showery. Morning clouds. Mild. Bloem: 19-25°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-28°C Heavy rain. Breaks of sun late. Warm. PE: 18-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.7 DTi Club Dsl Utility MY08 PU
2006
R 89,500.00

AUDI

A5 Cabriolet Quattro 3.0 TDi S-Tronic Dsl 7-sp
2010
R 459,000.00

FORD

FOCUS 1.6 Ti VCT AMBIENTE 5DR
2011
R 205,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.