Hy sal bly baklei, sê Malema

2012-02-10 22:04

PRETORIA. – “Ons is besig om ons voor te berei vir ’n lewe buite die ANC en moontlik in die tronk,” het mnr. Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, gister gesê.

Hoewel hy dit sy “afskeidstoespraak” genoem het, het hy gesê die jeugliga sal bly voortveg.

“Ons het onsself aan die jeugliga toegewy en ons sal alles in ons mag doen om vir die jeug se doelwitte te baklei,” het hy op die liga se lekgotla in Centurion gesê.

“Net die jeug van die ANC kan die mandaat en verantwoordelikheid wat aan ons toevertrou is van ons wegneem.

“As die jeugliga sê ons moet afstand doen van ons poste en as leiers van die ANC bedank, sal ons bedank.

“Ons sal die leiding en instruksies net van die jeugliga aanvaar.”

Malema het volgehou hy is onskuldig op alle aanklagte teen hom en dat sy tugsaak politiek gemotiveerd was.

“Sommige in die ANC dink deur van my ontslae te raak, sal hulle die kwessie van nasionalisering kan onderdruk en ook verseker hulle word as leiers herkies.

“Die enigste ding waaraan ons skuldig is, is dat ons oor nasionalisering en grondonteiening gepraat het.

“Ons is skuldig bevind omdat ons gedink het.”

Leiers soos mnr. Oliver Tambo en oudpresidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki het nie ANC-lede geskors omdat hulle vrae gevra het en debat aangeroer het nie, het Malema gesê. “As al die leiers lede geskors het, sou die ANC nie gewees het waar ons vandag is nie.”

Al het Malema gesê dissipline in die ANC word nie konsekwent toegepas nie en hy is onregverdig behandel, het hy ontken dat die jeugliga die saak in die hof verder gaan voer.

Hy het die jeugliga aangeraai om voor te berei vir “die stryd wat voorlê”.

“Vryheidsvegters moet voortveg, selfs al word sommige van ons geskors. Geen vorm van intimidasie en verdrukking sal die stem van die jeug stilmaak nie.”

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het opgedaag terwyl die laaste woorde van Malema se toespraak nog in die lug gehang het. Malema het huiwerig sy hand geskud, terwyl die jeugligalede gesing het dit is tyd om Mantashe met mnr. Fikile Mbalula, minister van sport, te vervang. Deur die loop van die dag het hulle ook die stortkop-lied, met verwysing na pres. Jacob Zuma, gesing.

Teen laatmiddag het adj.pres. Kgalema Motlanthe opgedaag. Malema het hom voorgestel as “die toekoms van Suid-Afrika”.

Motlanthe het gesê daar is geen rede hoekom die jeugliga en die ANC ’n verhouding van verdeeldheid hoef te hê nie.

Hy het gesê die jeugliga is ondergeskik aan die ANC se grondwet en beleidsraamwerk, maar die ANC moet nie “koue water” oor sy eie militante en radikale kultuur gooi nie.

Motlanthe het die jeugliga teen ’n “valse politieke bewustheid” gemaan.

“Net omdat jy ’n rooi hemp met Che Guevara se gesig daarop dra, beteken dit nie jy het ’n politieke bewustheid nie.

“Die jeugliga moet daarteen waak om nie net die suksesse van die verlede te vier nie en nie dink julle kan die wêreld deur wensdenkery verander nie.

“Die struggle gaan nie daaroor om goed te voel nie Dit is harde werk en gaan daaroor om belang te stel in die lewe van die mense.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.