‘Hou jou jou smoel, Von Maltitz’

2012-02-02 22:50
Eddie von Maltitz

Veg vir ’n beter Suid-Afrika. Mnr. Eddie von Mltitz met een van sy plakkate. Hy word nou met die hof gedreig. Foto: Willem van der Berg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

EDDIE VON MALTITZ moet shut up.

Dit is wat die Menseregte-aksiegroep (Hurag) van Welkom met ’n nuwe veldtog beoog en hulle is vasbeslote om dit te laat gebeur.

Dié groep het selfs operasie Shut Up Eddie Von Maltitz begin en oorweeg dit om Von Maltitz, ’n boer van Ficksburg, na die gelykheidshof te sleep. Von Maltitz lag hieroor. Stilkry, gaan hulle hom nie stilkry nie, sê hy.

Volgens dié organisasie wil hulle die gelykheidshof vra om teen Von Maltitz se “haatspraak en rassistiese en diskriminerende uitsprake” op te tree.

“Hy is net soos Eugene Terre’Blance (vermoorde AWB-leier). Hy hou daarvan om op swart mense te skreeu en sê vir die straatverkopers die vrugte en groente wat hulle verkoop, kom van wit boere. Hulle moet hul eie mense se produkte verkoop,” sê mnr. David Stoffel, uitvoerende voorsitter van Hurag. Volgens Stoffel moet Von Maltitz sy trots sluk, die publiek om verskoning vra en stilbly.

Volgens Stoffel het Hurag besluit om die veldtog te begin om Von Maltitz tot verantwoording te roep en weens die Vrystaatse regering se gebrek aan optrede.

Von Maltitz het gelag toe Volksblad hom nader om kommentaar. “Hulle gaan my nie stop nie. Hulle sal my nooit stilmaak nie. As ­George Bush (gewese Amerikaanse president) my nie kon stilmaak nie, sal hulle ook nie. Ek baklei vir dieselfde doel as hulle. Die klein snotneuse is kwaad vir my plakkate.”

Hy ry met ’n bakkie waarop plakkate hang van stories uit koerante oor hongersnood in Afrika met groot foto’s van uitgeteerde mense. Von Maltitz sê hy baklei onder meer teen korrupsie, slegte paaie en vuil drinkwater.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.