Gr.9-leerling erg beseer in beweerde aanranding

2010-09-22 00:37


WELKOM. – In nóg ’n voorval van skolegeweld in die Goudveld is ’n gr.9-leerling van die Orionskool in Welkom so erg deur ’n medeleerling aangerand dat hy ná die aanval bewusteloos op die grond bly lê het en erge harsingskudding opgedoen het.

’n Video-opname van die bakleiery is deur ’n ander leerling met ’n selfoon gemaak.

Hierop kan gesien word hoe Norman Fourie (16) geslaan word totdat hy op die grond val, daar geskop word en dan weer geslaan word as hy opstaan.

Hy probeer om homself verdedig. Die slaner word hoorbaar deur ander leerlinge aangepor, en aan die einde van die video kan gesien word hoe ’n ouer in sy motor sit en kyk sonder om te help.

Norman het wel gisteroggend gaan eksamen skryf voordat sy ma, mev. Elsie Fourie, hom na die polisiekantoor gebring het om ’n klag van aanranding in te dien. Sy glo egter hy het nie baie goed gevaar nie.

“Hy kan niks ná die aanranding onthou nie. Sy pa is al byna vier jaar dood, maar hy kan dit nie onthou nie. Hy het Maandag, nadat hy ná die aanranding sy bewussyn herwin het, gehuil en sy pa gesoek.”

Fourie sê sy weet haar kind is nie die soetste kind in die skool nie, maar om so aangerand te word terwyl personeel niks doen om dit te keer nie, is onaanvaarbaar.

“Een van my seun se maats het my Maandag gebel en gesê Norman is met ’n mes gesteek. Ek het dadelik na die skool gejaag waar ek hom erg beseer en deurmekaar gekry het. Hy is bewusteloos deur maats van die plek waar hy bly lê het, weggedra.

“Volgens ooggetuies het die skoolhoof, mnr. Hennie Burger, gesien wat gebeur, maar het dit nie gekeer nie. Volgens die ooggetuies het die ander seun, wat in gr. 8 is maar glo reeds 18 jaar oud is, my seun aanhou vloek. Norman het hom gevra om op te hou, waarna die aanranding plaasgevind het.”

Sy sê daar was nooit voorheen wrywing waarvan sy weet tussen die twee seuns nie.

Sy het hom by ’n dokter gehad, wat vasgestel het dat hy erge harsingskudding opgedoen het. Verder het hy ook ’n sny en krapmerke aan sy rug, nek en elmboë. Volgens omstanders was daar ook ’n mes of ander skerp voorwerp betrokke.

Sy is ’n werkende enkelma en moes hom gister by vriende los om sy toestand dop te hou. Hy het heeldag geslaap.

Mnr. Coert Olivier, onderhoof, het gistermiddag by navraag gesê volgens hul voorlopige ondersoek was daar ’n slanery oor en weer wat reeds op die skoolterrein begin het, en toe buite die hek in die straat voortgesit is. Dit het gebeur terwyl die leerlinge die skoolterrein verlaat het.

“Die aangeleentheid is egter nou in die polisie se hande.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.