Glanspaartjie se verhouding ‘op ys’

2010-08-27 23:22

JOHANNESBURG. – Die verhouding van Suid-Afrika se gunsteling-glanspaartjie, die sangers Theuns Jordaan en Elizma Theron, is “voorlopig op ys geplaas”.

Die twee het sowat ’n jaar ná baie bespiegelinge in die media erken dat hulle saam is.

Gister het ’n goeie kennis van die twee wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, bevestig dat hulle die verhouding “vir eers” verbreek het.

“Ek dink die vernaamste rede is dat hul onderskeie loopbane baie hoë eise aan hulle gestel het. Sover ek weet, is hulle nog baie goeie vriende en niemand sal weet of hulle dalk in die toekoms weer bymekaar gaan uitkom nie. Kom ons sê maar die verhouding is voorlopig op ys geplaas.”

Mnr. Anthony James van Select-musiek – Theron se platemaatskappy – sê hy kan nog nie bevestig of die verhouding inderdaad verbreek is nie.

“Ek kon nog nie self met Elizma daaroor praat nie.”

Pogings om self met Theron en Jordaan te praat, het misluk. In die jongste uitgawe van Huisgenoot word egter geskryf dat Jordaan, volgens ongenoemde vriende van die paartjie, “te dominerend” was.

“Hy wil ’n sê hê oor alles en sy luister net vir hom,” het iemand in die binnekring al vroeër vanjaar gewaarsku, skryf Huisgenoot.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.