Gidshonde is dit werd

2012-01-27 22:22

Mnr. Joel van Stavel, ’n gidshondafrigter van Johannesburg, by drie van die honde wat hy oplei. Voor sit Bentley en agter is Calia en Banksy. Foto: Nelius Rademan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Dit kos tyd, geduld en baie geld, maar om van ’n vriendelike brakkie ’n gidshond te maak, maak ’n groot verskil in baie lewens.

Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging (Saga) is die enigste organisasie in Afrika wat gidshonde oplei. Volgens mnr. Pieter van Niekerk, Saga-woordvoerder, het hulle ’n waglys van omtrent ’n jaar.

“Ons lei so 60 honde per jaar op, maar jy moet onthou nie alle blinde mense wil gidshonde hê nie.”

Volgens mnr. Joel van Stavel, ’n gidshondafrigter in Johannesburg, is dit “soos om ’n onderwyser te wees”.

“’n Mens moet baie geduld hê. Sommige honde leer vinniger as ander en party het ’n bietjie ekstra aandag nodig. Sommige is meer sensitief. Jy moet die hond se behoeftes kan lees.”

Voornemende gidshonde word op die ouderdom van ses weke geplaas by mense wat hulle sowat ’n jaar lank grootmaak. Dan word hulle ongeveer ses maande lank opgelei voordat hulle by ’n gesiggestremde persoon geplaas word.

Elke afrigter het ses honde wat hy op ’n slag oplei en hy moet daagliks met hulle werk. Hulle neem die honde na verskillende plekke om hulle aan verskeie omgewings en omstandighede gewoond te maak. Dit kos sowat R70000 om een hond op te lei, insluitend uitgawes soos veeartsbesoeke. Alle kos word deur Purina Petcare geborg.

Mense kan ’n hond vir R10000 borg. Die res van die koste word gedek deur Saga self, met geld wat hoofsaaklik deur insamelingsprojekte verkry word, hoewel hulle vantevore ook skenkings van die Nasionale Loteryraad ontvang het.

“Ons kry glad nie meer geld van die Lotto nie en ons het nog nooit geld van die regering gekry nie, nie sedert ons ontstaan in 1953 nie,” sê Van Niekerk.

Saga teel hul eie honde omdat hulle spesifiek vir temperament en sekere eienskappe teel, het Van Niekerk gesê. Hulle werk egter nou saam met geregistreerde telers. Volgens Van Stavel is dit gewoonlik labradors en apporteerhonde (golden retrievers) wat as gidshonde opgelei word. Soms kan Duitse herdershonde ook opgelei word, maar dit gebeur min in Suid-Afrika omdat dié honde hier nie die regte temperament het nie.

“’n Gidshond moet innemend van aard wees en die voortou kan neem. Hulle moet besluite namens die blinde persoon kan neem.”

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.