Troeteldier met familie, hondemaats verenig

2010-07-30 01:03

Groblersdal

“Ons is nou weer ’n familie.”

Só het die Fernandes-gesin gister gesê terwyl hulle hul Bengaalse tier Panjo sagkens streel en liefkoos.

Die 18 maande oue tier – eindelik weer tuis op die wildplaas Jugomaro hier – het gister geduldig vir talle mediafoto’s geposeer terwyl hy sy bottel melk drink.

Panjo is Woensdagaand op die R25 sowat 40?km van Bronkhorstspruit en 10?km van die Verena-plakkerskamp gevind nadat hy Maandagaand uit sy eienaar, mnr. Goosey Fernandes, se bakkie ontsnap het.

Fernandes se seun, Justin (23), het gesê Panjo was so uitgehonger ná die twee dae dat hy met sy tuiskoms sowat 25?kg en gister nóg 15?kg vleis opgevreet het.

Hy het met Panjo gespeel terwyl die jong tier, duidelik uitgeput, op die grasperk voor die plaashuis gelê het.

“Panjo het gisteraand eers sy melk gedrink voordat hy op die bank in die TV-kamer aan die slaap geraak het.”

Panjo is ook met sy agt Jack Russell-vriende verenig.

Van vandag af slaap hy weer in sy “stukkie hemel op aarde”. Dit is ’n kamp van 100?m by 50?m, omhein met elektriese bedrading. Dit het ook ’n swembad, slaapgrot en speelgoed.

“Volgens natuurbewaringstandaarde behoort sy kamp 20m by 5m te wees. Maar ons het dit veel groter gemaak, want ons gaan binnekort vir hom ’n maat kry en met hulle teel.”

Fernandes het gesê hy het wel geldige permitte vir sy groot kat.

Die Marble Hall-polisiekantoor (Limpopo) het hom egter ingevolge die Wet op Vervoerpermitte vir wilde diere met R1?500 beboet omdat hy Panjo oor die provinsie se grens tussen Limpopo en Mpumalanga vervoer het.

“Ek sal die vervoerpermit baie vinnig uitsorteer.”

Limpopo se departement van omgewingsake en die Dierebeskermingsvereniging ondersoek ook Fernandes se optrede.

Fernandes het gesê: “Ek is ongelooflik lief vir my kietiekat”. Hy het Panjo “?’n lang ruk gesoen en gedruk” toe hulle tuis kom.

“Ons kry binnekort drie tiere en ’n drie weke oue wit tierwyfie, wat Panjo se teelmaat gaan wees.” Panjo is op drie weke by ’n teelplaas in Zeerust aangekoop nadat sy ma hom verwerp het omdat hy “sieklik” was.

“Panjo is ons kind. Noudat hy tuis is, is ons weer ’n familie.”

Fernandes se vrou, Rose, het gesê hulle is oorweldig deur al die oproepe van steun van dwarsoor Suid-Afrika, en Engeland.

“Ons is so dankbaar teenoor almal wat kom help soek het en is in ekstase dat hy gevind is.”

Die Springs-veearts waarheen Fernandes Panjo wou neem toe hy vermis geraak het, sal Panjo in Groblersdal kom besoek, het Fernandes gesê..

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


martha dean 7/30/2010 1:53:33 PM
mooi man mooi. Maar .... ek is egter bly Panjo is nie my speelmaatjie nie, ek bly maar by gewone huiskatte vir my tierkatte. Veral na nou die dag toe die een my so 'n vinnige kap met sy poot op die hand gegee het.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...