Geen pornografie vir DStv, sê MultiChoice

2010-03-12 02:01

JOHANNESBURG. – Die ritssluiter is toegetrek. MultiChoice het besluit téén pornografie en die moontlikheid van nuwe sekskanale op DStv se satelliet-betaaltelevisiediens.

Verskeie kerk- en gesinsgroepe het einde Februarie skerp gereageer op dié maatskappy se aankondiging dat hy dit oorweeg om pornografiese kanale te hê.

MultiChoice het gister bekend gemaak dat hy navorsingsdata hersien het van ’n intekenaarspeiling om te bepaal hoe kykers sal voel oor volwasse beeldmateriaal op betaaltelevisiekanale. Luidens ’n verklaring het die navorsing getoon “’n beduidende persentasie intekenaars is teen volwasse kanale, terwyl sommige nie omgee nie en ’n ander beduidende persentasie positief is”.

Mnr. Nolo Letele, uitvoerende hoof van MultiChoice, het gesê dit is jammer dat mense die navorsing geïnterpreteer het as dat ’n besluit rééds geneem is.

“MultiChoice doen gereeld navorsing om kykers se smaak te toets, asook hul indrukke van bestaande en nuwe televisiekanale. Só kan ons kliëntediens verbeter.”

Volgens hom sluit dié navorsing dikwels vrae in wat handel oor inhoud wat kliënte aangevra het, of kanale wat oorsee goed vaar. “Die peiling van drie weke gelede het gefokus op volwasse inhoud, aangesien daar binnekort kompetisie in ons bedryf is wat eersdaags in Suid-Afrika bekend gestel word. Dit is onbekend of hulle volwasse-inhoud-kanale as deel van hul dienste gaan bied.”

Mnr. Jackie Rakitla, hoofbestuurder van korporatiewe sake by MultiChoice, het vroeër gesê MultiChoice is die laaste paar maande “oorval” met versoeke vir volwasse inhoud. e.tv, wat ’n ruk gelede die uitsending van laatnag-erotika op Vrydae en Saterdae gestaak het, het vroeër gesê dit is gedoen omdat “e.tv se programinhoud gedurig hersien word”.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.