Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Filantroop vir R50 vermoor

2010-01-25 05:14

’n Afgetrede doktor in chemie en saggeaarde filantroop is vir ’n skamele R50 en ’n selfoon wreed op sy rustige plaas by Fickburg vermoor.

Dr. Ernest Giesekke (69) se lyk is Saterdagoggend op die plaas Goodhope gekry. Sy kop is met ’n groot klip ingeslaan en sy keel afgesny. Dit kom voor of hy ook met ’n skroewedraaier gesteek is.

Volgens sr.supt. Mptantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is drie verdagtes skaars ses uur ná die moord aangekeer.

Giesekke se vrou, Eve (77), was ten tye van die aanval in die huis, terwyl haar man om 05:45 uit die huis is om beeste kos te gee en vas te stel of die besproeiingstelsels werk.

Gavin Boy, vryskutjoernalis, berig dat die Giesekke-egpaar laventel en bessies verbou.

Die vermoede bestaan dat Giesekke omstreeks 06:00 by die watertenk op die plaaswerf deur drie mans oorval is waar sy lyk later gekry is. Hulle was vermoedelik gewapen.

Hy is erg mishandel. Sy kop is met ’n klip ingeslaan en dit blyk dat hy ook met ’n skroewedraaier gesteek is voordat sy keel uiteindelik afgesny is, berig Boy.

Die boosdoeners het ná die aanval die plaashuis ingegaan en mev. Giesekke in haar slaapkamer oorval.

Volgens Boy het sy gevra waar haar man is. Een van die aanvallers het gesê: “Jy het nie meer ’n man nie.”

Makhele sê die mans het geld en wapens geëis, maar is met mev. Giesekke se handsak en selfoon weg. Daar was R50 in die handsak.

Giesekke het daarna die paniekknoppie van die alarmstelsel gedruk.

Die eerste mens op die toneel was mnr. James Brown, eienaar van Alarm Security. Hy het op die lyk afgekom, berig Boy.

Die polisie en lede van die Gumtree-boerevereniging en die Ficksburg-veiligheid-en-sekuriteitskomitee het onmiddellik by die intensiewe soektog betrokke geraak.

Inligting is ook ontvang dat die elektriese heining verlede week geknip is om toegang tot die plaaswerf te kry.

Die aanvallers is toe vermoedelik betyds verwilder. Die geknipte drade was na verneem word nie aangemeld nie.

Die verdagtes is ná ’n intensiewe soektog, waaraan onder andere polisielede, plaaslike inwoners, die polisiehelikopter, die veiligheids-en-sekuriteitskomitee en die sekuriteitsmaatskappy deelgeneem het, opgespoor en aangekeer.

 - Giesekke is die derde boer van Ficksburg wat die afgelope twee jaar vermoor is.

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


tinus greyling 1/25/2010 8:29:08 AM
Dit raak eenvoudig nou te erg soos wat boere in hierdie land vermoor word. Dit skreeu eenvoudig ten hemele.Daar gaan nie n dag om wat jy nie hoor van nog n boer wat wreedaardig vermoor is nie.Dit het nou tyd geword dat daar iets aan hierdie situasie ge doen word! Hierdie slapgat regering draai eenvoudig hulle rug op die probleem met ander woorde dit traak hulle nie want dit is maar nog net weer n wit boer.NEE MANNE dit het nou tyd geword om iets te doen want so kan dit nie aangaan nie!
Dr Elma Ross 1/25/2010 8:39:37 AM
Wat help dit om 'n agterlike barbaar te wees as jy dit nie kan wys deur 'n saggeaarde boer wat voedselsekereheid nastreef, wreed te kan vermoor nie?
Andre Putter 1/25/2010 1:12:38 PM
Geen wit slapgat in SA al iets probeer doen nie.
Hettie 1/25/2010 2:00:19 PM
Dit is vreeslik om te dink daar is alweer n boer vermoor. My ouers leef nog altwee en kan nie gegoeg dankie se hulle lewe nog nie gelukkig by hulle in die stad maar dit se niks ne. Sterkte Mevroue my hart blooi vir jou en jou gesin. Verkoop die plek en gaan bly eder in n ouetehuis as wat u alleen daar gaan aan bly ek weet daar is baie mooi oomblike wat u saam daar deur gebring het maar dit gaan vir u net hartseer nou in hou. Sterkte Mag Ons Hemelse Vader vir u die krag geen om aan te gaan sonder u maat.
Philip Stander 2/3/2010 9:39:57 PM
Ek het die vooreg gehad om vir Ernst Giesekke te ken - ons het saam by die Raad vir Mineraaltegnologie gewerk. Wat 'n voorreg was dit nie om sie iemand te ken nie - 'n kwaliteit mens met besonderse intellek, 'n goeie sin vir humor en bo alles - iemand wat ek oortuig was nie 'n vlieg sou kan skade aandoen nie.

Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Application Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Project Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C180 K Classic MY07 AT
2007
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2004
R 94,995.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video