Egpaar wreed aangeval

2011-05-09 00:03

MNR. ALJE VAN DEEMTER (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdag op hul kleinhoewe in Bloemspruit, buite Bloemfontein, aangeval. Foto: Emile Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In die soveelste wrede aanval op ’n Vrystaatse kleinhoewe is ’n bejaarde egpaar die naweek getraumatiseerd gelaat nadat twee verdagtes hulle met ’n mes en hamer oorval het. Dit is die vierde aanval in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, sedert September verlede jaar.

Mnr. Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval. Mnr. Van Deemter se linkerarm is verskeie kere met ’n hamer geslaan soos hy sy kop probeer beskerm het. Dié aanvaller het ’n klapmus gedra. Die hamer het uit die egpaar se motorhuis gekom. Mev. Van Deemter is erg gekneus. ’n Mes is in ’n stadium teen haar nek gehou.

Mnr. Van Deemter het gister uit die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê dit is net ’n “Goddelike wonderwerk” dat hy en sy vrou se lewe gespaar is. “My vrou sê dié ervaring was erger as haar hartomleiding enkele maande gelede.” Mnr. Van Deemter het al ’n heupvervanging gehad en het rugprobleme.

Die egpaar is vanjaar 40 jaar getroud. Dit is wanneer hy oor sy vrou praat dat die emosie hom oorweldig. “Ek het my deurentyd net daaroor bekommer of sy veilig is. Hulle kon my maar doodmaak; ek het net gesmeek hulle moet haar net nie leed aandoen nie, hulle kan vat wat hulle wil.”

Van Deemter sê hy is by die agterdeur by die kombuis oorweldig toe hy en sy vrou op pad was dorp toe. Dit is nie duidelik hoe lank die aanvallers op die perseel was voordat hulle hul kans waargeneem het nie.

Sy vrou was nog in die eetkamer, wat aan die kombuis grens, toe hy oorval is. Die egpaar is in die onderskeie vertrekke vasgebind, sy aan die eetkamertafel met ’n duvet oor haar kop. Die honde se wolkombers is styf oor haar man se kop gebind.

Hy is so vasgebind dat hy gewurg is wanneer hy sy bene probeer losmaak het. Die rowers het kontant uit hul beursies, hul selfone en vleis uit hul yskas gebuit en op die vlug geslaan.

Van Deemter sê hy en sy vrou het die res van die oggend geworstel om hulself te bevry.

“Ek het so ’n goeie vrou. Sy het dit eindelik reggekry om haarself met haar tande los te wikkel.” Die toue kom uit die egpaar se motorhuis.
“Al waaraan ek dink, is aan alles wat kon gebeur het. Veral toe hulle die kombers oor my kop gooi. Nog nooit het ek en my vrou so hard en innig gebid nie.
“Later het ons my 16?pond-hamer en ’n ysterpyp gekry waar dié ook gereed gesit is.”

Die egpaar, wat oorspronklik van die Goudveld is, het in 1997 Bloemfontein toe verhuis.

Hulle woon reeds agt jaar op die kleinhoewe. Hulle oorweeg dit sterk om vir hul eie veiligheid te trek. Hy sê dit is die eerste keer dat só iets gebeur. Die honde, twee boerboele en ’n Jack Russell, het nie gereageer asof die aanvallers vreemdes is nie.

Van Deemter prys die Bloemspruit-buurtwag, wat eerste op die toneel was, vir sy hulp. Ook die Bloemspruit-polisie, insluitend die kantoor se bevelvoerder, het hulle te hulp gesnel. Die egpaar het drie kinders en sewe kleinkinders.

)?Lt.kol. Annelie Wrensch, provinsiale polisiewoordvoerder, het gisteraand bevestig geen verdagtes is nog aangekeer nie.

)?Volksblad het reeds berig oor verskeie wrede aanvalle vanjaar op kleinhoewes oos van Bloemfontein. Dit sluit ook Estoire in.

Die swanger Monya Holtzhausen (21) is in Oktober 2010 in Estoire aangeval en verkrag.

’n Maand later is die bejaarde mnr. Ben Steyn op sy hoewe in Bloemspruit wreed met ’n piksteel doodgeslaan.

Mnr. Hennie Viljoen (51), ’n sakeman, is in Desember verlede jaar met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgeslaan.

Mnr. Johannes Foster van Estoire is vroeër vanjaar in die hospitaal opgeneem nadat hy in Estoire met ’n graaf aangerand is.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.